Tulpe vir Talina

“Vyand, vyand!” Chris Rossouw hoor asof soos gister die fluisterstem van sy jong korporaal in sy oorstuk

In sy geestesoog gee sy hand die teken. Sy verkenningspan neem vinnig en geruisloos, net betyds, dekking. Die naderende voetstappe en luidrugtige stemme in die bosstilte, breek ook nou deur sy gedagtes. Dit was ongeveer dertig man. Hulle wapens was sigbaar deur die bosse. Die luidrugtige gelag en gesels het verklap dat hulle beslis nie ’n aanval, nog minder ’n verkenningspan, verwag nie.

Order Now!
About the Book

“Vyand, vyand!” Chris Rossouw hoor asof soos gister die fluisterstem van sy jong korporaal in sy oorstuk. In sy geestesoog gee sy hand die teken. Sy verkenningspan neem vinnig en geruisloos, net betyds, dekking. Die naderende voetstappe en luidrugtige stemme in die bosstilte, breek ook nou deur sy gedagtes. Dit was ongeveer dertig man. Hulle wapens was sigbaar deur die bosse. Die luidrugtige gelag en gesels het verklap dat hulle beslis nie ’n aanval, nog minder ’n verkenningspan, verwag nie.

Details
Author:
Genres: Reeks, Roman, Spanningsverhaal
Tags: Premium Boek, Stergradering: Prima
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2019
List Price: R130.00
eBook Price: R80.00
Order Now
About the Author
Bets Koen

As die skryfgogga eers gebyt het, raak 'n mens moeilik daarvan verlos.
Soveel skryfwerk lê geduldig en wag om gelees te word. Soveel gedagtes en idees broei om stories te word. Sommige idees het al in storievorm in tydskrifte verskyn, ander in altesaam 24 gesamentlike bundels. Eie bundels wat net eenvoudig gepubliseer moes word, is Oelie, die uiltjie (omnibus), Mosambiek belewenis en ander essays en Kepies op my kierie, 'n kortverhaalbundel. Ek werk tans ywerig aan die vierde bundel. Mag die stories voor die gryshare kom!

Bets Koen is ook 'n stigterslid van PEndit.za en het haarself bekwaam as 'n professionele teksversorger.

Sy het al verkseie benoemings ontvang vir haar skrywe.