Tant Goedjie se no-name teeblare voorspel ’n warm Delilah, ’n matroos en sy boot, ’n pes soos pokkies, ’n engel met ’n stok en ’n tsotsi tokkelossie – die begin van ’n storm in 'n teekoppie.
'n Cherry met berry red lippe laat 'n hart baby tjoklits klop. Die nuwe intrekker moet kies tussen tradisie en op sy knieë gaan. Die Griesels van Poespasvlei laat hulle nie onder kry nie – danksy tonne aksie; hartseer, seëninge en dankbaarheid.Frik oorleef alles – van ’n skokstok tot ’n prostraat ondersoek!En Tillie bid in haar eie tuin van Getsémané ...
Tant Goedjie se no name teeblare voorspel groot dinge, maar Tillie verstaan daarvan niks.
’n Warm Delilah, ’n matroos en sy boot, ’n pes soos pokkies, ’n engel met ’n stok en ’n tsotsi tokkelossie – dít is net die begin van ’n storm in Tillie se teekoppie.
Fanie Flopgekom ontmoet ’n cherry met berry red lippe en sy hart klop baby tjoklits. Is daar helaas romanse is in die lug?
’n Nuwe intrekker verras almal – ’n jongman wat homself voorberei op ’n groot gebeurtenis in sy lewe. Maar hy moet kies tussen sy tradisie en op sy knieë gaan. Sal hy alles kan prysgee, die bespotting verdra en as ’n held beskou word?
Frik kry ’n skokstok en goeie nuus, maar wat word van Crook Koekemoer en sy Orania-droom?
Die Griesels van Poespasvlei laat hulle nie onder kry nie – daarvoor is daar heeltemal te veel aksie; hartseer en verlange, dankbaarheid en kommer laat Tillie aan ’n prent dink.
Toe gaan Tillie en sy bid in haar eie tuin van Getsémané …
Series: Die Griesels van Poespasvlei (Deel 2), Book 2
Genres: Komedie, Reeks, Roman
Tags: Nico Schamrel, Premium Boek, Stergradering
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2020
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 134 bladsye
Rating:
List Price: R140.00
eBook Price: R65.00
Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.
In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.
Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.
Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.
Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).
Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.