Woordslag

Van ’n bosgod in Magoebaskloof tot by die desperate dae van die beleg van Leningrad;

van ’n vreemde wese in die woestyn tot ’n man met ’n valskerm wat gesien word, maar nie gehoor nie; van ’n towerlegkaart wat ’n nuwe toekoms wys, tot by ’n romanse wat in Shakespeare se teater tot wasdom kom. Hierdie bundel belowe 'n warrelwindtoer een keer om die aarde en twee keer deur ’n stel alternatiewe realiteite wat jou woordeliks sal ráák slaat.

Order Now!
About the Book

Hierdie bundel belowe ‘n warrelwindtoer een keer om die aarde en twee keer deur ’n stel alternatiewe realiteite wat jou woordeliks sal ráák slaat.

Details
Author:
Genre: Kortverhaalbundel
Tag: Premium Boek
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2020
List Price: R145.00
eBook Price: R90.00
Order Now
About the Author
Bets Koen

As die skryfgogga eers gebyt het, raak 'n mens moeilik daarvan verlos.
Soveel skryfwerk lê geduldig en wag om gelees te word. Soveel gedagtes en idees broei om stories te word. Sommige idees het al in storievorm in tydskrifte verskyn, ander in altesaam 24 gesamentlike bundels. Eie bundels wat net eenvoudig gepubliseer moes word, is Oelie, die uiltjie (omnibus), Mosambiek belewenis en ander essays en Kepies op my kierie, 'n kortverhaalbundel. Ek werk tans ywerig aan die vierde bundel. Mag die stories voor die gryshare kom!

Bets Koen is ook 'n stigterslid van PEndit.za en het haarself bekwaam as 'n professionele teksversorger.

Sy het al verkseie benoemings ontvang vir haar skrywe.