
Wanneer Cupido se pyltjie tref, is dit te laat om terug te draai op ʼn eensaampad, selfs al het die liefde jou aanlyn gevind.
Wanneer ken ʼn mens iemand werklik en hoe ver sal jy gaan om jou liefde te beskerm?
Soms het selfs ʼn mossie geen ander uitweg nie as om te vlug.
'n Onverwagse en verrassende ontknoping is beslis gewaarborg.
Bets Koen skryf ‘n meesterstuk met ‘n kundige pen en goeie navorsing. Wat is meer verfrissend in ‘n roman as ‘n verrassende ontknoping en ‘n onverwagse wending in ‘n verhaal. Selfs agter die titel skuil daar ‘n geheime betekenis! Nico Schamrel
Genres: Aksie, Liefdesverhaal, Roman, Spanningsverhaal, Stergradering: GOUD
Tags: Hoog aanbeveel, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2021
Format: Sagteband / ePub / Mobi / PDF
Rating:
List Price: R175.00
eBook Price: R85.00

As die skryfgogga eers gebyt het, raak 'n mens moeilik daarvan verlos.
Soveel skryfwerk lê geduldig en wag om gelees te word. Soveel gedagtes en idees broei om stories te word. Sommige idees het al in storievorm in tydskrifte verskyn, ander in altesaam 24 gesamentlike bundels. Eie bundels wat net eenvoudig gepubliseer moes word, is Oelie, die uiltjie (omnibus), Mosambiek belewenis en ander essays en Kepies op my kierie, 'n kortverhaalbundel. Ek werk tans ywerig aan die vierde bundel. Mag die stories voor die gryshare kom!
Bets Koen is ook 'n stigterslid van PEndit.za en het haarself bekwaam as 'n professionele teksversorger.
Sy het al verkseie benoemings ontvang vir haar skrywe.