Die nag toe die maan geval het

Kyk na die hemel daarbo. Hy is altyd daar, so wil ons glo. Die maan, ’n groot ronde bal Sal hy regtig val?

Katryntjie kyk en kyk
Sy weet mos hoe die maan moet lyk.
Maar nou is die maan propvol
Sal hy uit die hemel rol?

Die venster oop, sterre skyn
Elkeen, tot die fynste fyn,
die skoonheid wat die hemel bied.
En Katryn? Sy sing haar lied!

Order Now!
About the Book

Katryntjie kyk en kyk
Sy weet mos hoe die maan moet lyk.
Maar nou is die maan propvol
Sal hy uit die hemel rol?

Details
Author:
Genres: Geillustreerde boek, Jeug- en kinderoeke, Kinderlektuur, Resensie
Tags: Illustrasies, Kinderboek, Premium Boek
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2020
List Price: R130.00
eBook Price: R60.00
Endorsements
Dis baie maklik om 'n kinderstorie te skryf. Enigiemand kan dit doen. Dis baie moeilik om 'n goeie kinderverhaal te skryf. Omtrent niemand kry dit reg nie. Bets Koen kry dit reg. Mens sien soveel kinderstories op die volgende paradigma: Kind is stout, hy hardloop na die grootpad toe. Mamma waarku: moenie dit doen nie, want 'n kar sal jou raakry. Kind luister nie, hardloop weer na die pad toe. 'n Kar ry hom amper om. Kind skrik groot, sê: "Mamma, ek sal nooit weer na die grootpad toe hardloop nie. Die nag toe die maan geval het is nie so 'n storie nie. Dis nie prekerig nie. Dis nie soetsappig nie. Daar is geen sedelessie in nie. Bets se forté is om bínne-in 'n kind se psige te kyk. Wat gaan in 'n dogtertjie se gemoed om? Daar's genoeg subteks: Die mamma het in 'n woonstelletjie in die grootstad gebly (Hoekom? Finansiële swaarkry?); Katryntjie se eerste pappa het van die toneel af verdwyn (Is hy dood? Geskei?); kortom, daar's hartseer in hulle vorige lewe. Die twee seuns baklei. Tog maar spanning in Katryn se nuwe lewe ook. ' Sien wat gaan alles onder die oppervlak aan net in 'n paar eerste bladsye? Hierdie elemente word nooit eksplisiet aan kinders opgedis nie. Maar is dit 'n wonder dat Katryntjie onveilig voel en maklik huil? Sy anker haar sekerheid aan die maan. Fout. Die maan het baie gesigte; hy verdwyn bedags; hy verdwyn soms agter wolke en soms word hy 'n donkermaan – dan is hy weg, soos Katryntjie se eerste pappa … My doel is nie om die storie hier te vertel nie, net om vir jou te wys hoe anders hierdie verhaal is as die snert wat te dikwels as kinderverhale deurgaan. Kinders is slim. Hulle ken 'n goeie storie as hulle een lees of hoor. Lees vir hulle hierdie een. Ek dink Die nag toe die maan geval het verdien om een van die klassieke kinderverhale in Afrikaans te word.
Order Now
About the Author
Bets Koen

As die skryfgogga eers gebyt het, raak 'n mens moeilik daarvan verlos.
Soveel skryfwerk lê geduldig en wag om gelees te word. Soveel gedagtes en idees broei om stories te word. Sommige idees het al in storievorm in tydskrifte verskyn, ander in altesaam 24 gesamentlike bundels. Eie bundels wat net eenvoudig gepubliseer moes word, is Oelie, die uiltjie (omnibus), Mosambiek belewenis en ander essays en Kepies op my kierie, 'n kortverhaalbundel. Ek werk tans ywerig aan die vierde bundel. Mag die stories voor die gryshare kom!

Bets Koen is ook 'n stigterslid van PEndit.za en het haarself bekwaam as 'n professionele teksversorger.

Sy het al verkseie benoemings ontvang vir haar skrywe.