Die toorboom

Armand se vingers jeuk aanmekaar om klavier te speel, maar sy maats spot hom.

En sy ma is nie meer daar om hom te troos nie. Buitendien is hy net so bang vir die toorboom soos sy maats. Maar wat hulle nie weet nie en wat Armand sommer gou sal uitvind, is dat bome nie altyd sommer net bome is nie ...

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Geillustreerde boek, Kinderlektuur
Tags: Hoog aanbeveel, Illustrasies, Inspirerend, Kinderboek
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband | ePub | Mobi
Illustrator: Mariaan Taljaard
Rating:

List Price: R110.00
eBook Price: R50.00
Endorsements
'n Lieflike verhaal met 'n les wat kinders maklik sal verstaan. Soms is dit ook nodig om 'n tikkie fantasie te gebruik om kinders se verbeelding vas te gryp en sodoende 'n les te leer wat in die geheue vasgevang word. Bets slaag uitstekend daarmee.
Order Now
About the Author
Bets Koen

As die skryfgogga eers gebyt het, raak 'n mens moeilik daarvan verlos.
Soveel skryfwerk lê geduldig en wag om gelees te word. Soveel gedagtes en idees broei om stories te word. Sommige idees het al in storievorm in tydskrifte verskyn, ander in altesaam 24 gesamentlike bundels. Eie bundels wat net eenvoudig gepubliseer moes word, is Oelie, die uiltjie (omnibus), Mosambiek belewenis en ander essays en Kepies op my kierie, 'n kortverhaalbundel. Ek werk tans ywerig aan die vierde bundel. Mag die stories voor die gryshare kom!

Bets Koen is ook 'n stigterslid van PEndit.za en het haarself bekwaam as 'n professionele teksversorger.

Sy het al verkseie benoemings ontvang vir haar skrywe.