Martjie se Ingelsman

Dis 1901, Lambertsbaai. Die Sybille lê op die rotse, gestrand. Wat sal die koms van hierdie skip vir die Burger-familie van die plaas Steenbokfontein inhou?

'n Stryd ontstaan tussen Boer en Ingelsman. Wie sal dan die fraaie Martjie se hand en liefde wen?
Soms moet 'n mens 'n drastiese stap neem om te kry wat jou hart na smag.
Die verhaal van Martjie en haar Ingelsman is 'n verhaal vol intrige.

Order Now!
About the Book

‘n Stryd ontstaan tussen Boer en Ingelsman. Wie sal dan die fraaie Martjie se hand en liefde wen?
Soms moet ‘n mens ‘n drastiese stap neem om te kry wat jou hart na smag.
Die verhaal van Martjie en haar Ingelsman is ‘n verhaal vol intrige.

Details
Author:
Genres: Geskiedkundige roman, Roman, Ware gebeure en navorsing
Tags: Premium Boek, Stergradering
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2020
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Rating:

List Price: R150.00
eBook Price: R45.00
Endorsements
Martjie se Ingelsman is gebaseer op 'n ware verhaal wat afgespeel het in Lambertsbaai se omgewing. 'n Pragtige verhaal wat jou terugvat na 'n vêr verlede. Oorlog was aan die orde van die dag en die haat tussen die Afrikaner en Engelse op sy ergste. Toe Martjie en Harry ontmoet moes hulle die geskille oorbrug om werklik gelukkig te wees. Wat natuurlik in die Ingelsman se guns getel het was dat hy Afrikaans kon praat en eintlik 'n boerseun in sy hart is. Die deurlopende spanning word gebou deur kort tussenposes van die loop van die lewe. Elkeen moes eers hul eie voete vind om werklik die eise van so 'n verhouding te kon bemeester. 'n Pragtige storie geskryf met deernis en sensitiwiteit. Die oogpunt van die karakters het baie rondgeval en as leser moes ek kop hou met die wisseling. Soms was dit steurend - vernaamlik wanneer ek 'n paragraaf moes herhaal vir duidelikheid. Normaalweg word 'n storie uit slegs een of twee oogpunte geskryf met gedefineerde paragrawe. Hier het dit die vloei belemmer. Verder was dit 'n goeie storie wat ek geniet het. Daar kan gerus meer sulke stories die lug sien. Na my mening is daar hopeloos te min geskryf oor ons geskiedenis en die pad van oorlewing en mooi wat gevind kan word in elke uithoek van hierdie mooi land. Welgedaan.
'n Besonderse verhaal, gebaseer op ware gebeure. Ek kan beslis hierdie roman aanbeveel.
– Veronica Taylor, Kirkwood
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Bets Koen

As die skryfgogga eers gebyt het, raak 'n mens moeilik daarvan verlos.
Soveel skryfwerk lê geduldig en wag om gelees te word. Soveel gedagtes en idees broei om stories te word. Sommige idees het al in storievorm in tydskrifte verskyn, ander in altesaam 24 gesamentlike bundels. Eie bundels wat net eenvoudig gepubliseer moes word, is Oelie, die uiltjie (omnibus), Mosambiek belewenis en ander essays en Kepies op my kierie, 'n kortverhaalbundel. Ek werk tans ywerig aan die vierde bundel. Mag die stories voor die gryshare kom!

Bets Koen is ook 'n stigterslid van PEndit.za en het haarself bekwaam as 'n professionele teksversorger.

Sy het al verkseie benoemings ontvang vir haar skrywe.