Christa Lusse is gebore 1954 in die Kenhardt distrik. Na twintig jaar wat sy werksaam was as maatskaplike werker en spelterapeut, en na haar eggenoot en vader van haar 3 kinders se dood in 1999, het sy haar Meestersgraad in Pastorale berading behaal. Haar passie is steeds om deur haar berading die Evangelie van Jesus Christus aan gebrokenes bekend te maak. Tans is sy weer getroud, en geniet haar 3 getroude kinders, hul eggenote en haar ses pragtige kleinkinders, waarvan die jongste, Wico die inspirasie vir die boekie is.

Archie, die dapper hondjie

Archie, die dapper hondjie

R150.00eBook: R60.00

Hy word ’n siek seuntjie se beste maat.

Met baie liefde en deur te glo, word die seun gesond én op ’n wonderlike manier word Archie ook gehelp.

Liefde en bid maak alles reg, ook ’n stukkende lyfie ...

 

Hierdie verhaal is geskryf om gestremde kindertjies antwoord op hul vragies te gee. Volgens die skrywer se wete sal hierdie die eerste Afrikaanse boekie van die aard.

Die boekie word opgedra aan die skrywer se dapper, lewensblye kleinseun, Wico, asook sy ewe dapper en vreeslose mamma Christelle, wat niks toelaat om haar onder te kry nie – omdat sy so vashou aan haar geloof.

More info →