Eugene is gebore en het skoolgegaan in Pretoria. Hy woon en werk die afgelope 41 jaar in Lichtenburg (Noordwes). Hy was vir ʼn aantal jare werksaam as stasiebestuurder / omroeper by die plaaslike gemeenskapsradiostasie, Lichvaal Stereo.
Eugene het ook sewe jaar teologiese opleiding agter die rug, maar is nooit gelegitimeer as leraar nie. Hy het ʼn passie vir die Skrif en ʼn voorliefde vir skryf. Alhoewel hy tot onlangs nog nooit iets gepubliseer het nie, skryf hy graag sedert sy skooldae – verhale, gedigte, asook Christelike en ander artikels.

Vrygespreek

Vrygespreek

R150.00eBook: R85.00

In teenstelling met baie dagstukkie bundels wat vandag op die mark beskikbaar is, is VRYGESPREEK ʼn poging om oordenkings met meer substansie te verskaf deur die Skrif – vers vir vers – deur te werk. Dit is nie bedoel om ʼn in-diepte Bybelstudie te wees nie, maar poog nietemin om agtergrond inligting en konteks te verskaf. Ten laaste is die gedagte egter om elke betrokke gedeelte ook toe te pas op die leser se omstandighede en ʼn boodskap vir elke dag daarin te vind. Die doel is om nie slegs inligting deur te gee nie, maar ook om so bietjie geestelike voedsel te verskaf wat die leser op sy of haar wandel met die Here kan gebruik. Die verwagting is dat dit die leser sal aanspoor om die Skrif meer in geheel te lees en te bestudeer, wat noodsaaklik is vir geestelike groei.

More info →