By omdraai verby

Van ’n omdraaipunt tot die anderkant van liefde.

Die versoeking om 'n dobbelkaartjie te koop, 'n karaoke-aand, die moeilike besluit van 'n dominee en mense wat in ‘glashuise’ woon. Wanneer 'n kwaai hond dreig, moet jy voete met vlerke hê en die liedjie Ou Ryperd kan laer stresvlakke tot gevolg hê. Om jou pa se luukse motor te leen, die ongewone fondsinsameling van skoolkinders, die bekoring van ’n kind vir 'n Morris Minor-motor en die liefde van 'n ouer vrou vir 'n jonger man. 'n Pendoring wat pla op wittebrood, en die betekenis van die kruis op die kruin vir 'n hawelose, - dit alles en nog meer saamgevat in hierdie DEBUUTBUNDEL KORTVERHALE VAN MARIE VAN WYK.

Order Now!
About the Book
Details
Genres: Fiksie, Hoog aanbeveling, Kortverhaalbundel, Resensie, Roman, Stergradering: GOUD, Top aanbeveling
Tags: Hoog aanbeveel, Kortverhaalbundel, Resensie, Roman, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 146 blaaie
ISBN: 9780639780535
Rating:

List Price: R150.00
eBook Price: R110.00
Endorsements
RESENSIE: By omdraai verby – Deon Opperman, NMMU Marie van Wyk het ’n intieme verhouding met haar karakters. Sy dra deeglik kennis van elkeen se menseverhoudings, karaktereienskappe en emosies. Van Wyk is ook bewus wat in elke karakter se broei en hou dit geensins geheim nie. In elke verhaal vermy die skrywer onnodige omskrywings en skep só meer ruimte vir die verhaal om te ontwikkel. In vir veral die genre van ’n kortverhaal kan oordadige detail in milieu en lang beskrywings van die agtergrond die oorsaak wees van té veel detail, te min vleis aan die verhaal. Van Wyk gebruik natuurlike dialoog in elke karakter se stem – dus kan die leser vereenselwig met die verskeie boekkarakters. Bl. 70: “Waarom het jy nooit getrou nie, Kytie?” vra Esmé toe Kytie langs haar kom sit. “Daar moes tog iemand gewees het, iemand spesiaal.” Kytie trek haar skouers op. “Daar was, maar hy was getroud.” Esmé kyk vinnig na haar. “Wou hy nie skei nie?” “Destyds was dit nog nie so maklik nie, outjie.” Kytie bly stil, vryf 'n grassprietjie tussen haar vingers fyn. “En sy vrou wou nie.” Kytie se blik dwaal ver oor die dam. “Deesdae is dit makliker. Sê net in die hof die huwelik is onherstelbaar weens 'n tekort aan liefde en respek en woerts-warts word die skeibrief geteken en is jy vry.” Vry? haak die woord in Esmé se gedagtes vas. Is dit wat sy wil wees na al die jare saam met Gerbrand? Haar vooraf beskrywing van ’n karakter is eenvoudig, treffend en word kort en kragtig opgesom: Bl. 20: Ek kon die vroutjie nie uit my gedagtes kry nie. Elke weeksmiddag op pad van die skool af, het ek haar gesien: voorskoot aan, strooihoedjie op die kop, besem in die hand. Só besig, maar tog so verlate. Liefdesverhale kan so maklik voorspelbaar wees, maar die skrywer vermy afgesaagde clichés en skep ’n verrassende slot aan haar verhale. Elke storie is ongekompliseerd en lees met gemak. In verhale waar daar ’n spanningslyn voorkom, is dit nie uitgerek tot breekpunt nie, maar net genoeg om die leser se aandag en nuuskierigheid te behou. Marie van Wyk se skryfstyl is gemaklik en smaakvol. By omdraai verby is nie te versmaai nie. Hierdie kortverhaalbundel laat reg geskiet aan ontspannende leesstof wat mens neem na interessante situasies waarmee enige leser kan identifiseer. Dit is uitstekend versorg en die omslag verdien vol punte.
– Deon Opperman
Order Now