Pierre Erasmus is ʼn boorling van Pretoria.
Na hy sy militêre diensplig by die lugmag voltooi het, het sy reis deur die lewe begin en bevind hy hom nou in Keimoes.
Pierre se liefde vir dig en stories neem vlerke en hy voltooi sy eerste digbundel, asook storievertellings, deur die aansporing van sy vriendin, Wilma van Schalkwyk.
Woorde ytie dyne
R140.00eBook: R100.00
Die sonsopkoms wanneer jy jou kop oor die rant lig en die donker na die anderkant toe druk. Dan vlug die nag na sy slaapplek. Die Here stort sy konfetti en seën so oor die aarde en jy kry sommer die reuk van die grond se parfuum.
Woorde ytie dyne is ’n versameling gedigte uit die pen van Pierre Erasmus.
More info →