Net soos 'n mens 'n foto van iemand anders kan neem, vang sy ander se emosies en gevoelens in woorde vas.
Daar is oomblikke in hierdie lewe wat die gordyne oopgaan en die ligte vol op jou skyn; en jy, gestroop van alle maskers, voorgee en probeer ontbloot word. In sulke oomblikke is dit dikwels moeilik om die emosie en chaos binne, aan die wêreld buite te verduidelik.
Met Oomblikke in tyd, 'n foto album in woord probeer die skrywer om sulke tydgrepe se naaktheid in woorde vas te vang. Dit is 'n album vol emosiefoto’s, momente waar die leser die weerloosheid van die hart op die verhoog kan beleef.
Die skrywer is 'n verpleegkundige wat dit probeer afneem wat sy in mense se oë raaksien: van die eerste sprikkel lewe op 'n sonarfoto, tot die hysbakdeure 'n geliefde 'n laaste keer insluk, en al die holderstebolder tydstippe tussenin.
Neem 'n oomblik en verdwaal tussen die foto’s, dit mag jou help om woorde te gee aan die moment wat al lankal nesgeskrop het, hier diep binne in jou wese.
Genres: Digbundel, Inspirerend, Resensie, Selfpublikasie en bemarking, Stergradering: PRIMA SILWER
Tag: Resensie
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Rating:
List Price: R230.00 (posgeld ingesluit)
eBook Price: R110.00
Jeanita Le Roux is 'n verpleegkundige en skryf om sin te maak uit die seer in haar wêreld en om oomblikke in woorde vas te vang.