Klawerjan
Vir die befaamde konsertpianis, Maryne Bronn, was die bekoorlike wêreld van sonates, overtures en simfonieë welbekend. Kruispad ook. Maar oorlog, nié. Tot daardie onstuimige aand toe 'n wildvreemde man haar drumpel betree, met die tyding van haar man se dood.
Daarna dryf die verraad uit haar binnekring haar tot ’n randfiguur. Van die radar af. Tot aan die voet van die skurwekoppe. Vasberade om agter die kap van haar man se dubbellewe en raaiseldood te kom, omseil sy haar menssku gasheer en betrek die gulhartige plaasvoorman by haar speurtog.
Maar vir die vreemde onderstrominge wat haar sou inwag in die donker voue van die skurwekoppe en tussen die koue klipmure van die huis op die rand van die vallei, kon sy haar beswaarlik voorberei. Nog minder vir die skokontdekking wat haar in die middernagtelike ure deur ’n dal van doodskaduwee sou dwing. Haar teisteraar op haar hakke.
Maar die waarheid ook. Want in die aangesig van onreg sal die waarheid altyd staan. Stil … En geduldig.
More info →Oomblikke in tyd
Daar is oomblikke in hierdie lewe wat die gordyne oopgaan en die ligte vol op jou skyn; en jy, gestroop van alle maskers, voorgee en probeer ontbloot word. In sulke oomblikke is dit dikwels moeilik om die emosie en chaos binne, aan die wêreld buite te verduidelik.
Met Oomblikke in tyd, 'n foto album in woord probeer die skrywer om sulke tydgrepe se naaktheid in woorde vas te vang. Dit is 'n album vol emosiefoto’s, momente waar die leser die weerloosheid van die hart op die verhoog kan beleef.
Die skrywer is 'n verpleegkundige wat dit probeer afneem wat sy in mense se oë raaksien: van die eerste sprikkel lewe op 'n sonarfoto, tot die hysbakdeure 'n geliefde 'n laaste keer insluk, en al die holderstebolder tydstippe tussenin.
Neem 'n oomblik en verdwaal tussen die foto’s, dit mag jou help om woorde te gee aan die moment wat al lankal nesgeskrop het, hier diep binne in jou wese.
More info →
