
Ernest Loth se debuutbundel ontleen sy titel aan die openingsreël uit Ingrid Jonker se gedig, Ontvlugting. En dit is nie om dowe neute nie. Beide Loth en Jonker deel herinneringe aan Valkenburg – maar elkeen verwoord 'n eie unieke ervaring daarvan.
Die apostrofiese gedigte in hierdie bundel is tereg opgedra aan 'n moeder, 'n ouma en alle sterk vroue daarbuite.
Die spreker se band met sy moeder wat hom met liefde en deernis grootmaak, word op abrupte wyse versteur wanneer ‘donker geeste … jou siel van my steel.’
Hierdie digbundel open die venster vir 'n kykie in een van die donkerste hoekies van die spreker-digter se siel.
Ernest Loth se debuutbundel, Uit hierdie Valkenburg, ontleen sy titel aan die openingsreël uit Ingrid Jonker se gedig, Ontvlugting. En dit is nie om dowe neute nie. Beide Loth en Jonker deel herinneringe aan Valkenburg – maar elkeen verwoord ʼn eie unieke ervaring daarvan.
Die apostrofiese gedigte in hierdie bundel is tereg opgedra aan ʼn moeder, ʼn ouma en alle sterk vroue.
Die spreker se band met sy moeder wat hom met liefde en deernis grootmaak, word op abrupte wyse versteur wanneer ”donker geeste … jou siel van my steel”. Wanneer die moeder die liefde wat haar kind vir haar voel en aan haar wil betoon, nie meer kan raaksien of waardeer nie, wanneer die hunkering na sy gelukkiger kinderdae nie wil wyk nie, noop dit die spreker om in sy volwasse jare deur poësie die pyn van sy ontbering postuum op papier uit te stort.
ʼn Mens sou kon aanvoel dat hierdie debuutbundel vir die spreker-digter ʼn lewenstaak is waarmee hy lank geworstel het om tot uitvoering te bring. Dit is moeilik om die gedigte te lees sonder dat dit die leser intens ontroer … dalk selfs tot trane dwing.
Hierdie digbundel open die venster vir ʼn kykie in een van die donkerste hoeke van die spreker-digter se siel.
Agter die woorde ”vasgelym in die grein van die papier’‘ skuil daar egter ook dieperliggende boodskappe – boodskappe wat aan die einde van die dag kristalhelder te voorskyn kom.
Die digbundel spreek tegelyk van waardering en ontluistering, van lief en leed, en van belydenis. Maar dit spreek ook van maskers wat die lewe soms op die mens afdwing – ongevraagd en onverdiend.
– Dr. Jan Daniëls
Genres: Digbundel, Inspirerend, Prosa
Tags: Hoog aanbeveel, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2021
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Rating:
List Price: R165.00
eBook Price: R75.00

'n Nuwe digter wat in die grendeltyd sy debuut gemaak het, is die oud-onderwysman en dramaturg van die Paarl, Ernest Loth. Hy skilder al vir ʼn geruime tyd en het nou ook weer die kwas van die esel afgehaal. Hierdie gedigte skryf hy tussen 27 Maart en 30 April 2020 – ‘toe die digter saam met die hele Suid-Afrika en die res van die wêreld afgesonder was.’
Van sy dramatekste verskyn in ʼn gesamentlike bundel met George Weideman, Klaas Steytler en Hennie Aucamp.