
Willem het in Albertinia, op die skilderagtige Tuinroete, grootgeword. Na skool verhuis hy na Kaapstad, waar hy interieurontwerp studeer en ook in Kaapstad Opera se stelontwerp-departement werk. Hy woon tans in Kaapstad en werk as voltydse interieurontwerper en skryf deeltyds. Een van sy kortverhale is gepubliseer in Nuwe Stories 2, ook beskikbaar op Amazon. Willem geniet dit om te reis, staptogte op die Kaapse bergroetes aan te pak en mense te kyk – ‘n onskatbare bron van inspirasie vir nuwe gedigte en verhale.
Soos ‘n droom verby
Aan elkeen van ons is ʼn beperkte hoeveelheid geskenk, met die opdrag om dit verantwoordelik te bestee.
Tyd bly seker dié kosbaarste kommoditeit van ons bestaan waarmee ons, ironies genoeg, baie verkwistend en roekeloos omgaan. Tot die dag dat jy ontnugter besef, skielik en onverwags: die lewe, soos sonlig, die seisoene en soos ʼn droom, is tydelik en van korte duur.
Hierdie versameling gedigte is ʼn viering van die lewe se vreugdes en verganklikheid deur die oë van onder meer ʼn kluisenaar, alkoholis, onvervulde oujongnooi, verbitterde romantikus, bibliofiel, sport-fanatikus, depressiewe enkeling en taalpuris. Die gedigte wil troos bied vir elke traan, hoop vir alle hartseer, genade vir gebrokenes en vrede vir die feilbares.
More info →