MY GEBED VIR ’N BOER – is ’n saamgestelde bundel van gebede, gedigte en skrywes deur verskeie burgers van Suid-Afrika, asook bydraes deur bekendes – sangers, akteurs, modeontwerpers, kunstenaars, sjefs, digters, mejuffroue Suid-Afrika en vele ander legendes.
Gebede word opgedra vir die beskerm van Suid-Afrika se boere en hul werkers, vir die mense van Suid-Afrika en daar word hulde gebring aan hulle wat ons van kos voorsien op ons tafels.
Hierdie boek is ’n liefdadigheidsprojek om fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle. Die verkope van die boek word daarvoor aangewend. Jou ondersteuning is van kosbare waarde om ander te help.
MY PRAYER FOR A FARMER – is a book of prayers, poetry and writings by the people of South Africa, with contributions from well-known celebrities – singers, actors, fashion designers, artists, chefs, miss’ South Africa and legends.
These prayers are for the farmers of South Africa and their workers, for the people of South Africa and to honour those who provide us with food on our tables.
This book is a charity project to raise funds for victims of farm attacks. The sale of this book will contribute to assist victims. Your support is valuable in assisting those in need.
Genres: Digbundel, Inspirerend, Liefdadigheid
Tags: Aanbeveling, Gebede, NS Liefdadigheid, Plaasaanvalle, Plaasmoorde, Recommended Books, Star Grading: Prima Gold, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2021
List Price: R140.00
Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.
In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.
Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.
Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.
Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).
Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.