Elandré Swartz het sy M.Div graad behaal aan die Universiteit van die Vrystaat en het sy legitimasie in November 2017 ontvang. Vanaf 2018 tot 2021 was hy beroep as predikant van NGK Clocolan. Nadat die Here hom oortuig het van die gelowige doop moes hy bande met die NGK sny en bedank. Tot en met hede is hy op ‘n ontdekkingsreis oor waar die Here wil hê hy moet wees. Hy is tans woonagtig in Bloemfontein en beroep hom as ‘n voltydse aanlyn Engelse onderwyser asook ‘n Christelike skrywer.
Die Here het hom geroep om ‘n bedienaar van die Woord te wees. Sy gawe is om die Woord in gewone taal vir gewone mense oop te maak.

Besnydenis en die doop

Besnydenis en die doop

R170.00eBook: R170.00

Hy beklemtoon dat dit nie die gelowige doop is wat iemand red nie, maar besnydenis van die hart. Hy moedig mense aan om op te hou om in tradisie te leef, maar om hulself aan die Here te onderwerp en hiermee die Heilige Gees in hulle lewens nooi sodat hulle in hulle harte besny kan word.

Die doel van die boek is nie om ‘n skeuring tussen gelowiges te veroorsaak nie, maar eerder om die geestelike implikasies uit te lig onder die meeste Christene wat in die kleindoop glo, asook hoe belangrik ware geloof in Jesus Christus is. Die gelowige doop is slegs die uiterlike teken dat jy identifiseer met die dood, begrafnis en opstanding van Jesus Christus.

More info →