Die hand vat vyf!
Maar in Swakopmund wag verrassings wat hy nooit kon voorsien nie. ’n Beste vriend, Zak, wat nooit sy mond kan hou nie. ’n Rooikop-meisie wie se sketse amper asemhaal. ’n Seun wat alles weet wat sy speurder-pa weet. En ’n meisie wat nooit praat nie — maar altyd die slimste een in die vertrek is.
En dan is daar die geheimsinnige man by die strand wat presies weet wie — en wat — Eli regtig is.
Eli wil net normaal wees. Maar normaal is nie in sy bloed nie. Hoe gemaak as diere met jou begin praat? Hoe versteek jy ’n swaard wat jy altyd by jou moet hou?
Hoe weet jy of die watermeisie onder Swakopmund se jetty werklik bestaan?
Wanneer Zak ’n afgekapte hand uit ’n smokkelaar se sak sien val, word vyf kinders meegesleur in ’n avontuur wat strek van ’n tempel diep onder die Maanlandskap tot op die oop Atlantiese oseaan.
Eli het gekom om onsigbaar te wees. In plaas daarvan word hy die leier van Die Hand.
En dit is net die begin.
More info →Buks van die Kalahari
Die pad wat Hendrik en sy geslag loop, is nie sag nie. Dit is ’n pad wat mense breek of staalhard maak. En Hendrik? Hy buig nie. Terugslae kry hom nie onder nie. Want hy het iets om voor te leef… ’n rede om aan te hou asemhaal – sy seun Buks.
Sonder dat hy dit besef, lê Hendrik in hierdie dor en genadelose wêreld die fondament vir iets groters. In die sand van die Kalahari word ’n liefde gebore – ’n liefde wat nie deur droogte of swaarkry gebreek kan word nie. Dit is ’n liefde wat Buks vorm, slyp en stuur na ’n lewe van avontuur. ’n Lewe wat hom sou maak tot ’n grootwildjagter, ’n man wat leeus tem en vrees in die oë kan kyk.
Uit hierdie harde geslag groei ’n nuwe een, ’n geslag wat nie net oorleef nie, maar floreer.
Buks self word ’n man van krag. Maar selfs hy kan nie die droogte van ’67 ontwyk nie. Dit bring hom tot stilstand. Dit breek hom oop. En daar, op sy knieë in die sand, vind hy weer iets wat hy amper verloor het – sy Skepper wat hom optel uit die sand.
More info →My nommer is 4271
Hoe slim soos ons wetenskaplikes ook al is, kan hulle nie self die entstof suksesvol maak nie. En nou sit ons daarmee… óns het hierdie monsters gemaak. Dit is alles ons skuld.
Ek het vir ons land se mense veiligheid en sekuriteit belowe, maar die mag is meer obsessief oor die mutasie van die mensvreters.
Met dit, vat ek en my hond, Nash, die pad en word deel van ‘n rebellie.
Gaan ons betyds die oorlewendes kan red? Gaan Suid-Afrika weer ons veilige hawe wees? Of doen ons dit alles vir niks?
More info →Paddaboudjies en kalasjnikofs
Die verhaal is hoofsaaklik gebaseer op ware gebeure, maar is inderwaarheid ʼn vermenging van feite en fiksie. Daar is ʼn Learjet met ʼn beeldskone vroulike medevlieënier, ʼn helikopter, Russe en Kalasjnikofs. Die skrywer kla die omkopery en korrupsie aan wat onder sy aandag gekom het tydens sy werk as vertaler en tolk. Die leser kan avontuur, aksietonele verwag en daar word so ʼn bietjie gekafoefel ook ...
Die skrywer onthul ook ʼn paar besonderhede oor die politieke gebeure van die afgelope dekades en sê onomwonde wat hy dink van sekere mense wat dink hulle is baie belangrik. Hy beskryf die woelige agtergrond waarteen die gebeure hom afspeel in en om Mali se hoofstad Bamako.
Die vae grense tussen werklikheid en fantasie word verbloem deur die hallusinasies wat die skrywer ervaar as gevolg van malariamedikasie. Dit laat die leser wonder wat het rêrig gebeur – wat is aangedik of moontlik versin?
Die skryfstyl is nuut en vars, met ʼn goeie dosis humor en woordspeling en sal vir seker die leser wat meer verlang as ʼn alledaagse vaal verhaal, se verbeelding aangryp en meer as genoeglik laat.
More info →Craven
Met tyd kom hy vinnig agter dat sy pa inderdaad 'n skobbejak en skurk is. Nadat hy skool verlaat vir die weermag, bevind hy hom in 'n eenheid wat vir Nasionale Intelligensie werk. As gevolg van sy voorkoms beland hy in die Midde-Ooste waar hy allerhande duister dinge vir sy en ander regerings doen.
Sy avonture haal hom uiteindelik in. Sy drome is gevul met bloed en dood. Selfs nadat hy die NI-span verlaat het, werk hy vir sy pa as “enforcer”. Steeds spook die verlede. 'n Konfrontasie met sy broer dwing hom om op die vlug te slaan, maar hy bevind hom weer in sy pa se kloue. Dit bring hom terug na sy grootste konflik ooit: pa teen seun.
More info →Nooit te laat nie
Mona, Essie, Lilly en Glenda is vier vriendinne wat teen die einde van hulle herfstyd tot die besef gekom het dat die uurglas uitloop; dat geleentheid vir nuwe belewenisse skraps raak.
Gelukkig het hulle besluit dat dit nooit te laat is nie. Min het hulle geweet dat die avonture waarvoor hulle hulself gaan oopstel, lewensveranderend gaan wees.
More info →




