Gister is vandag se gewete
Sy voorneme om net terug te sit en homself te verlustig aan die skoonheid van die natuur en elke dag op sy eie pas aan te pak, word gou kort geknip toe hy die wilde perd opsaal om ’n boek oor die dorp se geskiedenis en mense te skryf. Hy bekom ontstellende inligting oor twee babas wat in die naburige hospitaal omgeruil was. Die tragiese gebeure knaag aan hom en hy delf dieper.
Kevin ontmoet Harry met die moeilike persoonlikheid vir wie almal katvoet loop. Waarom is hy so beskermend teenoor sy broer George wat homself van ander afsonder en net wil boer?
Linda blameer alles wat met haar gebeur op Kevin – waar hy ook al is, beland sy in die moeilikheid.
Hunter, Kevin se seun trek by hom in en pas gemaklik in op die dorp. Hy help Kevin in sy soektog na die waarheid oor die omgeruilde babas. Wat hulle ontdek sou hulle nooit eens kon droom nie.
More info →Die ontwerper se dogter
Professor Pienaar, ‘n aangetroude familielid en navorser, raak betrokke by hierdie ontwrigtende omstandighede.
Pinkie, die huishulp, probeer sin maak uit al die dinge rondom haar wat skielik nie meer sin maak nie.
Terwyl nuus omtrent die onbekende skoonheid bekend raak, raak die Steenkamp-familie bewus van mekaar. Terselfdertyd ontstaan ‘n waaksaamheid; daar mag nie tweedrag op Eendracht gesaai word nie. Hoe meer elkeen probeer sin maak uit Oda se besoek, hoe meer besef elkeen hulle word betrek by sake waarvan hulle nie kennis dra nie.
Algaande raak meer mense betrokke. Skepper van die welbekende mode-naam, Isabella du Preez, moet keer dat navorsing uit rotgevrete houers verstrengel raak by haar ontwerper-skeppings uit die boonste rakke.
Sal daar ooit ‘n einde kom aan hierdie geskarrel!
More info →Waar bloed kruip
Die moorde se modus operandi is bykans eners. Waarom hierdie moorde – wie en wat skuil daar agter?
Na meer as ʼn jaar van weinig vordering, ontvang kaptein Borman ʼn wenk per telefoon wat die koue saak ’n verrassende wending gee. Kan die moordenaar nóú vasgetrek word?
Waar bloed kruip is diggeweefde speurverhaal met hoogspanning en verrassende intriges en ’n onvoorspelbare einde.
Die leser sal sukkel om Waar bloed kruip neer te sit!
More info →Sewentig maal sewe
In die vragwa, waar sy saam met vyf ander meisies opgesluit is, worstel sy met ’n warboel gedagtes. Toe kom die skokonthulling: Die polisieondersoek het uitgewys dat haar pa wel betrokke was by die mensehandelsindikaat.
“Al hoe julle weer hierdie vertrouensbreuk kan herstel, is om diegene wat dit aan julle gedoen het, te vergewe.” Maar Sunet worstel met woede in haar lyf. Hoe vergewe ’n mens ’n pa wat nie skroom om onskuldige meisies vir die wolwe te gooi nie. Hoeveel keer moet ’n mens vergewe?
More info →My nommer is 4271
Hoe slim soos ons wetenskaplikes ook al is, kan hulle nie self die entstof suksesvol maak nie. En nou sit ons daarmee… óns het hierdie monsters gemaak. Dit is alles ons skuld.
Ek het vir ons land se mense veiligheid en sekuriteit belowe, maar die mag is meer obsessief oor die mutasie van die mensvreters.
Met dit, vat ek en my hond, Nash, die pad en word deel van ‘n rebellie.
Gaan ons betyds die oorlewendes kan red? Gaan Suid-Afrika weer ons veilige hawe wees? Of doen ons dit alles vir niks?
More info →Eers toe hy smile toe sien ek hom
Die verhaal speel af in ‘n tyd wanneer MIV so deel geword het van die samelewing, dat mense wat nie direk daarmee in aanraking is nie amper kan glo dat die stryd daarteen afgeneem het. Sy dra ‘n diep donker geheim saam met haar op hierdie tydstip van haar lewe, iets waarop sy nie gereken het nie – ‘n diep vernedering en verraad. Sy beleef haar eie krisis deur die oë van haar kollegas, gehawende pasiënte en die sukkelende organisasie waarvoor sy werk. Ten einde haar eie nederlaag te erken, onthou en beleef sy al die jare se ondervindinge in hierdie plek wat vir haar soos ‘n tweede tuiste geword het. Waar dit alles gaan opeindig verskrik haar en skud al haar netjies uiteengesette waardes en geloof, en wys vir haar die gesig van voor-oordeel uit ‘n ander hoek.
Saam met haar geliefde medewerkers beleef en versorg hulle elke lewe wat oor hulle pad gebring word en strompel hulle saam deur die armoede. Die bande wat sy met hierdie mense gesmee het oor die jare en met haar eie familie, word getroef en sy weet nie of hulle fondasies sterk genoeg is om hierdie storm te deurleef nie. Sy weet nie of sy sterk genoeg is om hierdie mense te vertel van haar skande nie. Die een mens wat sy met haar lewe vertrou het, het haar in die rug gesteek en gedink hy het daarmee weggekom. Sy kan dit skaars self glo. Of kan sy?
More info →