Die verhaal speel gedeeltelik af tydens die Covid-19 Pandemie. Vyf moorde word gepleeg, op vyf verskillende plekke – Jeffreysbaai, Plettenbergbaai, Robertson, Worcester en Mosselbaai gepleeg.
Die moorde se modus operandi is bykans eners. Waarom hierdie moorde – wie en wat skuil daar agter?
Na meer as ʼn jaar van weinig vordering, ontvang kaptein Borman ʼn wenk per telefoon wat die koue saak ’n verrassende wending gee. Kan die moordenaar nóú vasgetrek word?
Waar bloed kruip is diggeweefde speurverhaal met hoogspanning en verrassende intriges en ’n onvoorspelbare einde.
Die leser sal sukkel om Waar bloed kruip neer te sit!
Genres: Aksie, Christelike ondertoon, Fiksie, Hoog aanbeveling, Intrige, Misterie, Spanningsverhaal, Speur- en moordverhaal, Speurverhaal, Stergradering: Prima Goud
Tags: Christelike ondertoon, Drama en intriges, Fiksie, Hoog aanbeveel, Misterie, Moord en speurwerk, Spanningsverhaal, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2024
Format: Sagteband | e-Boek | Mobi
Length: 367 bladsye
ISBN: 9780796197177
Rating:
List Price: R220.00
eBook Price: R220.00
KOBUS BREYL is ʼn 77-jarige pensioenaris. Gedurende sy beroepsloopbaan het hy in verskeie hoedanighede in die regsberoep gedien, onder andere, as staatsaanklaer, prokureur en waarnemende streeklanddros. Sy debuut boek Paaie deur die Karoo en ander stories is in Desember 2022 publiseer. Dit val natuurlik in ʼn ander genre. Kobus het gedurende sy loopbaan die land deur-kruis en woon tans saam met sy vrou, Magda, in Danabaai.
Waar bloed kruip is Kobus se eerste suksesvolle moord- en speurverhaal.