Elsie Fourie in 1961 gebore en woon in die skilderagtige dorp, Hartbeespoort. Sy is getroud met twee kinders en een kleinkind.
Groot-Marico het haar sien grootword en die bosveld het haar getooi. Maar dit was waarskynlik Herman Charles Bosman se Maricobosveldverhale, wat die saadjie geplant het vir Elsie se liefde vir stories. Sy het vele skryfkursusse suksesvol voltooi. Van haar skryfwerk verskyn in LIG-tydskrif en Plus50. Sy publiseer ook in die bloemlesing Inspraak 3 in 2022.
Sewentig maal sewe
In die vragwa, waar sy saam met vyf ander meisies opgesluit is, worstel sy met ’n warboel gedagtes. Toe kom die skokonthulling: Die polisieondersoek het uitgewys dat haar pa wel betrokke was by die mensehandelsindikaat.
“Al hoe julle weer hierdie vertrouensbreuk kan herstel, is om diegene wat dit aan julle gedoen het, te vergewe.” Maar Sunet worstel met woede in haar lyf. Hoe vergewe ’n mens ’n pa wat nie skroom om onskuldige meisies vir die wolwe te gooi nie. Hoeveel keer moet ’n mens vergewe?
More info →