’n Dag na haar pa se sakereis word Sunet ontvoer.
In die vragwa, waar sy saam met vyf ander meisies opgesluit is, worstel sy met ’n warboel gedagtes. Toe kom die skokonthulling: Die polisieondersoek het uitgewys dat haar pa wel betrokke was by die mensehandelsindikaat.
“Al hoe julle weer hierdie vertrouensbreuk kan herstel, is om diegene wat dit aan julle gedoen het, te vergewe.” Maar Sunet worstel met woede in haar lyf. Hoe vergewe ’n mens ’n pa wat nie skroom om onskuldige meisies vir die wolwe te gooi nie. Hoeveel keer moet ’n mens vergewe?
Genres: Aksie, Avontuur, Emosioneel, Fiksie, Intrige, Misterie, Roman, Spanningsverhaal
Tags: Aanbeveling, Fiksie, Misterie, Roman, Spanningsverhaal
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2024
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 134 bladsye
ISBN: 9781037005282
Rating:
List Price: R145.00
eBook Price: R145.00
Elsie Fourie in 1961 gebore en woon in die skilderagtige dorp, Hartbeespoort. Sy is getroud met twee kinders en een kleinkind.
Groot-Marico het haar sien grootword en die bosveld het haar getooi. Maar dit was waarskynlik Herman Charles Bosman se Maricobosveldverhale, wat die saadjie geplant het vir Elsie se liefde vir stories. Sy het vele skryfkursusse suksesvol voltooi. Van haar skryfwerk verskyn in LIG-tydskrif en Plus50. Sy publiseer ook in die bloemlesing Inspraak 3 in 2022.