
Eendracht se twee opstalle lê aan die voet van die berg tussen Worcester en Wolseley. ‘n Meisie met die naam Oda, daag op en versteur die ritme van die ganse Steenkamp-familie sodat selfs die plaaswerkers aanvoel hoe spoke van die kerkhof se kant af begin loop.
Professor Pienaar, ‘n aangetroude familielid en navorser, raak betrokke by hierdie ontwrigtende omstandighede.
Pinkie, die huishulp, probeer sin maak uit al die dinge rondom haar wat skielik nie meer sin maak nie.
Terwyl nuus omtrent die onbekende skoonheid bekend raak, raak die Steenkamp-familie bewus van mekaar. Terselfdertyd ontstaan ‘n waaksaamheid; daar mag nie tweedrag op Eendracht gesaai word nie. Hoe meer elkeen probeer sin maak uit Oda se besoek, hoe meer besef elkeen hulle word betrek by sake waarvan hulle nie kennis dra nie.
Algaande raak meer mense betrokke. Skepper van die welbekende mode-naam, Isabella du Preez, moet keer dat navorsing uit rotgevrete houers verstrengel raak by haar ontwerper-skeppings uit die boonste rakke.
Sal daar ooit ‘n einde kom aan hierdie geskarrel!
Genres: Familie-drama, Fiksie, Hoog aanbeveling, Intrige, Liefdesverhaal, Misterie, Roman, Spanningsverhaal, Stergradering: Prima Goud
Tags: Drama en intriges, Fiksie, Hoog aanbeveel, Misterie, Roman, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2025
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 214 bladsye
ISBN: 9781037020049
Rating:
List Price: R180.00
eBook Price: R180.00
Na ʼn stilte van ʼn klompie jare word Retha van Schalkwyk opnuut deur die skryfgogga gebyt en lewer hier ʼn verskeidenheid kortverhale. Rype ervaring laat haar met buitengewone perspektief na alledaagse gebeurtenisse kyk. Met diepe insig draai sy ʼn situasie om en bring ʼn fiktiewe verhaal na die oppervlak. Deur pittige taalgebruik geniet sy dit om die lewe se verloop vas te pen tot ander se vreugde en leesgenot.