
Gister is vandag se gewete neem die leser saam met Kevin deur sy nuwe reis. Hy het uit die besige stad na die rustige dorpie Clarence verhuis om af te tree.
Sy voorneme om net terug te sit en homself te verlustig aan die skoonheid van die natuur en elke dag op sy eie pas aan te pak, word gou kort geknip toe hy die wilde perd opsaal om ’n boek oor die dorp se geskiedenis en mense te skryf. Hy bekom ontstellende inligting oor twee babas wat in die naburige hospitaal omgeruil was. Die tragiese gebeure knaag aan hom en hy delf dieper.
Kevin ontmoet Harry met die moeilike persoonlikheid vir wie almal katvoet loop. Waarom is hy so beskermend teenoor sy broer George wat homself van ander afsonder en net wil boer?
Linda blameer alles wat met haar gebeur op Kevin – waar hy ook al is, beland sy in die moeilikheid.
Hunter, Kevin se seun trek by hom in en pas gemaklik in op die dorp. Hy help Kevin in sy soektog na die waarheid oor die omgeruilde babas. Wat hulle ontdek sou hulle nooit eens kon droom nie.
Genres: Aksie, Familie-drama, Fiksie, Hoog aanbeveling, Intrige, Misterie, Roman, Top aanbeveling
Tags: Drama en intriges, Fiksie, Hoog aanbeveel, Misterie, Roman, Spanningsverhaal
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2025
Format: Sagteband | e-Boek
Length: 286 bladsye
ISBN: 9781037049361
List Price: R200.00
eBook Price: R180.00
Janette Olivier, die jongste van agt kinders, het groot geword op ’n plaas in die hartjie van die Vrystaat. Sy is tans woonagtig in Potchefstroom en wanneer sy nie voor die rekenaar besig is nie, is sy buite saam met haar geliefde Bouvier honde.
Van ’n baie jong ouderdom het Janette al stories in haar kop rondgedra. As sy op die plaas agter die beeste en bokke loop, het sy baie stories in haar kop geskryf; ongelukkig is die stories nooit neergepen nie. Eers in die afgelope vier jaar het Janette besef dat sy regtig wil skryf en het ander wêrelde en karakters begin skep.
Janette het reeds vyf boeke voltooi en is in die proses om hulle in die nabye toekoms aan die lesers bekend te stel. Sy is tans besig met haar sesde boek en ook met haar outobiografie.
Janette het wel laat in haar lewe begin skryf, maar sy sal aanhou, omdat sy van skryf hou en wil aanhou skryf.