Luandi Brand is gebore in die Kaap, maar woon al vir meer as 14 jaar in ‘n klein Weskusdorpie, Hopefield. Sy is ‘n kranige sweiser, maar na die geboorte van haar dogter het sy weer voltyds begin skryf. Haar passie is om Afrikaanse boeke nuwe lewe te gee.
My nommer is 4271
R190.00eBook: R190.00
Hoe slim soos ons wetenskaplikes ook al is, kan hulle nie self die entstof suksesvol maak nie. En nou sit ons daarmee… óns het hierdie monsters gemaak. Dit is alles ons skuld.
Ek het vir ons land se mense veiligheid en sekuriteit belowe, maar die mag is meer obsessief oor die mutasie van die mensvreters.
Met dit, vat ek en my hond, Nash, die pad en word deel van ‘n rebellie.
Gaan ons betyds die oorlewendes kan red? Gaan Suid-Afrika weer ons veilige hawe wees? Of doen ons dit alles vir niks?
More info →