Hierdie boek is gebasseer op wat die skrywer self ondervind het terwyl sy vir ‘n organisasie in Hillbrow gewerk het. Al die karakters en gebeure is fiksie. Hermien is ‘n geregistreerde verpleegkundige van beroep en tussen die verpleging, skryf sy graag stories. Sy het twee kursusse by die SA Writers college voltooi en sodoende haar inspirasie verryk.
Hermien het op ‘n plaas in die Noordwes groot geword – op die grens tussen droogte en hoop op reën. Tans bly sy in Perth, Australië.
Eers toe hy smile toe sien ek hom
Die verhaal speel af in ‘n tyd wanneer MIV so deel geword het van die samelewing, dat mense wat nie direk daarmee in aanraking is nie amper kan glo dat die stryd daarteen afgeneem het. Sy dra ‘n diep donker geheim saam met haar op hierdie tydstip van haar lewe, iets waarop sy nie gereken het nie – ‘n diep vernedering en verraad. Sy beleef haar eie krisis deur die oë van haar kollegas, gehawende pasiënte en die sukkelende organisasie waarvoor sy werk. Ten einde haar eie nederlaag te erken, onthou en beleef sy al die jare se ondervindinge in hierdie plek wat vir haar soos ‘n tweede tuiste geword het. Waar dit alles gaan opeindig verskrik haar en skud al haar netjies uiteengesette waardes en geloof, en wys vir haar die gesig van voor-oordeel uit ‘n ander hoek.
Saam met haar geliefde medewerkers beleef en versorg hulle elke lewe wat oor hulle pad gebring word en strompel hulle saam deur die armoede. Die bande wat sy met hierdie mense gesmee het oor die jare en met haar eie familie, word getroef en sy weet nie of hulle fondasies sterk genoeg is om hierdie storm te deurleef nie. Sy weet nie of sy sterk genoeg is om hierdie mense te vertel van haar skande nie. Die een mens wat sy met haar lewe vertrou het, het haar in die rug gesteek en gedink hy het daarmee weggekom. Sy kan dit skaars self glo. Of kan sy?
More info →