Nooit te laat nie

Dit is tragies dat die ‘herfstyd’ van die lewe onverwags in ‘wintertyd ‘kan verander en dan is dit te laat vir daardie laaste avontuur.

Mona, Essie, Lilly en Glenda is vier vriendinne wat teen die einde van hulle herfstyd tot die besef gekom het dat die uurglas uitloop; dat geleentheid vir nuwe belewenisse skraps raak.

Gelukkig het hulle besluit dat dit nooit te laat is nie. Min het hulle geweet dat die avonture waarvoor hulle hulself gaan oopstel, lewensveranderend gaan wees.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Avontuur, Liefdesverhaal, Roman
Tags: Aanbeveling, Avontuur roman, Roman
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Length: Volledige roman
Rating:

List Price: R140.00
eBook Price: R80.00
Endorsements
Ek het die voorreg gehad om in I.C.U. saam met Sr. Babs te werk. Ek het haar boek gekoop. My Ma het dit eerste gelees en haar woorde was: "Die vrou mag maar skryf. Haar taal gebruik is uitstekend.”
– Antoinette Marlow Rademeyer
Order Now
About the Author
Babs Botha

Babs Botha is 'n verpleegkundige met ’n oorwegende ICU agtergrond. Sy het bykans nege jaar op 'n passasierskip gewerk tot 2019 en toe finaal afgetree. SY is tans werksaam BY ’n siekeboeg van 'n staatsinstansie.
Babs het ook vir vier jaar Bybelskool bygewoon, oorwegend om weer te heel. Van kleintyd was sy lief om stories te vertel en skryf, maar toe het die lewe self tussenbeide gekom en daar het niks van gekom nie ... tot sy in die middel van die Stille-oseaan besef het dat haar lewe verby gaan en sy nou moet inspring om haar droom te bewaarheid.