Hy het die hoop van die ewige lewe gekies en die hoop wat hy steeds gehad het vir sy droombesigheid, oorgegee aan die wat agter gebly het.
Sy hoop was dat dit deur hulle sou bly voortbestaan en voortleef. Maar die grootste hoop wat hy gehad het, was dat sy dood 'n groter getuienis vir die Koninkryk sou beteken as sy lewe hier op aarde.
My hoop as sy ma is dat ek deur die skryf van my deel van die verhaal, 'n bydrae sal maak tot die vervulling van sy hoop vir die Koninkryk. My hoop is ook dat my verhaal mense se lewens sal verander tot voordeel van God se Koninkryk. My hoop is dat elkeen wat hom geken het en met hom besigheid gedoen het, bewus sal word van die feit dat daar ALTYD hoop is, wat ook al die omstandigheid. My hoop is dat mense hul denke so sal verander en dit ten volle sal rig op die enigste HOOP wat saak maak. My hoop is om mense weer teen hooploosheid in te laat hoop.
Die sinopsis som hierdie boek goed op, maar die wonderwerk van ‘n sonneblom is ongelooflik. Wanneer ‘n moeder se trane ‘n kolletjie grond kan voed en die Skepper plant ‘n saadjie – hoe dan anders as om te vra: Hoe groot is die God wat ons dien?
UITTREKSEL (Opgedra): Sy opdrag aan my was dat ek my pyn en hartseer op skrif moes sit tot Koninkryksvoordeel. Daarom is hierdie boek my bydrae wat ek moes maak om by daardie finale HOOP van jou uit te kom.
Genres: Christelike literatuur, Godsdiens, Motiverend, Nie-fiksie, Ware lewensverhaal
Tags: Aanbeveling, Christelike literatuur, Nie-fiksie, Ware feite, Ware verhaal
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband
Length: volle verhaal
ISBN: 9780639762432
Rating:
List Price: R70.00