
As ‘n beskeie bydrae tot die Afrikaans 100 Feesjaar, is ’n Afrikaanse kortverhaal kompetisie vir die inwoners van die Oude Westhof Aftreeoord en ouer persone uit die omgewing geloods.
Die resultaat is 23 kortverhale deur 5 skrywers. Die verhale is uiteenlopend van aard: komies, diep ernstig, geskiedkundig, futuristies, verrassend, ekstaties, geheimsinnig, dalk effe ontstellend, nostalgies of gevul met belofte en liefdevol. Ons hoop dit sal ander inspireer. Om te skryf is benewens die genot inherent aan die skeppende taak ook terapeuties. Ons het elkeen ʼn storie om te vertel, al word dit nooit gepubliseer nie.
Die meisie met die pêreloorbel is saamgestel deur Macolm de Roubaix. Ons hoop u geniet wat u lees. My e-posadres is malcolmderoubaix@gmail.com; ons sal u terugvoer waardeer.
Genres: Essays, Fiksie, Kortverhaalbundel
Tag: Kortverhaalbundel
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2025
Format: Sagteband | Mobi
Length: 196 bladsye
ISBN: 9781037090424
Rating:
List Price: R180.00
eBook Price: R180.00
Malcolm de Roubaix is 'n afgetrede narkotiseur met doktorsgrade in Geneeskunde en Filosofie. Hy het 33 eweknie-geëvalueerde artikels geskryf, wat hoofsaaklik op bio-etiek fokus, en het ses boeke geskryf. Sy boek Hoop, Heling en Harmonie – Dink Nuut Oor Siekte en Genesing is in 2019 deur Penguin Random House SA uitgegee en het die gesogte Andrew Murray literêre prys gewen. Twee van sy boeke, A Journey into the Human Experience of Incurable Disease: From Hope to Healing, en Reproductive Rights in the 21st Century: Procreation and Abortion is in 2023 deur Cambridge Scholars Publishers in die Verenigde Koninkryk gepubliseer. The Kiss en Nemesis verskyn in 2023 by Ns. Skrywershuis.
Malcolm het deur sy loopbaan verskeie rolle gespeel, waaronder dié van 'n praktiserende algemene praktisyn en narkotiseur, navorser, voorsitter van 'n navorsingsetiekkomitee, do-sent in Bio-etiek, en navorsingsgenoot by die Sentrum vir Toegepaste Etiek, Departement Filosofie, Universiteit Stellenbosch. Hy was ook 'n suksesvolle eiendomsontwikkelaar.
Malcolm de Roubaix is a retired South African anaesthesiologist with academic interests in bioethics, research ethics, and health sciences education. His work has included teaching, writing, and encouraging ethical reflection within anaesthesiology, both theoretically and in clinical practice. He served as chair of a Research Ethics Committee in the Faculty of Medicine and Health Sciences, Stellenbosch University, contributing to the development of responsible research governance. This book reflects a long‑standing engagement with ethical inquiry and the moral foundations of clinical decision‑making in South African healthcare. In retirement he continues to write, teach, and curate accessible educational resources for clinicians and the public, bringing together science, ethics, and narrative insight.