
Lina, Cato, Candice, Adela, Jenny en Rona het iets in gemeen. Hulle is almal deur mans verfoei, verneder en verneuk. Dr Christine – Chris – Roux het empatie met hulle; sy was self die slagoffer van ‘n gewetenlose man.
Soos Nemesis, die Griekse godin van vergelding, help sy elkeen van hierdie vroue om op te staan en terug te veg, te neem wat hulle toekom. En die mans kry wat húlle toekom. Die verhaal ontwikkel rondom elke vrou se vergelding vir wat haar aangedoen is. Soms vereis goeie uitkomste selfs vennootskappe met slegte mense.
Chris het ‘n geheim. Sy is verantwoordelik vir die dood van haar eks, Thomas. Sy móét Andreas, haar vennoot en die man wat haar help heel het, vertel, maar vrees dat sy hom sal verloor.
Wie is die geheimsinnige James Sinclair en Omar Lebus? Is een van hulle ‘n voortvlugtige pedofiel? En waar pas die Kaapse mafiabaas Denys Alekseev en sy wulpse Katya in die prentjie? Wie is die Rooikop en wie is pastore Áncora de Salvació en Cornelio? Die leser moet kophou om die ineengevlegte intriges en ontknopings te volg.
Die ondertoon is by tye ernstig, verlig deur ligter oomblikke en onverwagte wendings.
Die poppe dans behoorlik in Nemesis!
Genres: Aksie, Avontuur, Drama, Fiksie, Roman, Spanningsverhaal, Stergradering: Prima Goud
Tags: Aanbeveling, Fiksie, Roman
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2024
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 244 bladsye
ISBN: 9780796131157
Rating:
List Price: R155.00
eBook Price: R155.00
Malcolm de Roubaix is 'n afgetrede narkotiseur met doktorsgrade in Geneeskunde en Filosofie. Hy het 33 eweknie-geëvalueerde artikels geskryf, wat hoofsaaklik op bio-etiek fokus, en het ses boeke geskryf. Sy boek Hoop, Heling en Harmonie – Dink Nuut Oor Siekte en Genesing is in 2019 deur Penguin Random House SA uitgegee en het die gesogte Andrew Murray literêre prys gewen. Twee van sy boeke, A Journey into the Human Experience of Incurable Disease: From Hope to Healing, en Reproductive Rights in the 21st Century: Procreation and Abortion is in 2023 deur Cambridge Scholars Publishers in die Verenigde Koninkryk gepubliseer. The Kiss en Nemesis verskyn in 2023 by Ns. Skrywershuis.
Malcolm het deur sy loopbaan verskeie rolle gespeel, waaronder dié van 'n praktiserende algemene praktisyn en narkotiseur, navorser, voorsitter van 'n navorsingsetiekkomitee, do-sent in Bio-etiek, en navorsingsgenoot by die Sentrum vir Toegepaste Etiek, Departement Filosofie, Universiteit Stellenbosch. Hy was ook 'n suksesvolle eiendomsontwikkelaar.