Elizabeth Prinsloo is gebore in Vereeniging en matrikuleer daar. Sy studeer aan die Universiteit van Potchefstroom vir CHO in geesteswetenskappe en doseer later Sielkunde aan die Universiteit van Suid Afrika waar sy ʼn M.A.- graad in Sielkunde behaal. Sy is getroud met Maree. Sy loopbaan neem hulle na Mosselbaai waar sy deeltydse huweliksberading doen en daarna na Saldanha waar sy in Langebaan vir die plaaslike koerant artikels skryf. Hulle koop toe ʼn plaas naby Heidelberg in die Suid-Kaap en sy word boervrou. Na nog ‘n paar ander draaie in die Suid-Kaap verhuis hulle na Namibia waar hulle tans op ʼn natuurlandgoed woon. Hulle het twee dogters wat albei medici is.
Elizabeth is die outeur van die boeke, Ek, my werk of my kind? en Heildronk op ʼn huisvrou.
Sirkelgang van skuld
Op agtjarige ouderdom dwaal Lisa ontredderd in die strate van ʼn groot stad rond. Haar gedagtes ʼn warboel, maar al wat sy verseker weet, is dat sy nooit, ooit weer teruggaan na die woonstel op die derde vloer in ‘n krotwoonbuurt wat sy huis genoem het nie.
Hoekom sou sy? Haar ma is feitlik voor haar oë dood – haar pa, ʼn volslae alkoholis.
Uiteindelik beland sy in die liefdevolle pleegsorg van oom Sarel en tant Kotie. Sy slaag matriek en kwalifiseer as onderwyseres.
Sy trou met Kobus, wat ʼn onmisbare anker in haar lewe word. Hulle gee pad uit die stad met sy verstikkende rook, mensemassa en pynlike herinneringe. Op Seemansrus, ʼn klein vissersdorpie, bou Lisa ʼn nuwe lewe waar sy haar donker verlede vergoed uit haar geheue probeer ban.
Maar toe gebeur die ondenkbare. Sy ontmoet oom Adriaan en kom van aangesig tot aangesig met ʼn werklikheid wat jare lank vir haar verborge gehou is.
More info →