
Irma Mulder land terug op Suid-Afrikaanse grond vanuit Hollywood na haar 13 maande se verfilming van ’n televisie-speurreeks — en dit voor dooiemansdeur ...
Geen geliefde op die lughawe wat haar inwag en bly is om haar te sien nie en ook by haar huis is dit duidelik dat haar vriendin en huissitter, Zelma, vele dae laas daar was ...
Nog hou die verrassings nie op nie. Sy het ’n e-pos ontvang van walglike Gary Hoise wat sy voor haar vertrek, warmplek toe verwens het — en nou vra hy dringend haar hulp. Uit die plaaslike koerante lees sy opskrifte van mense wat spoorloos verdwyn het en Gary is die een wat haar op hoogte bring. Ook dat Hugo van Zyl aanbeweeg het en sy nie meer sy meisie is wat hy vurig van afskeid geneem het nie.
Gary is ook nie meer die ongeskikte dronklap nie en stem in om hom te help met die ondersoek na die vermiste mense, party selfs kinders, want dit kom voor asof die polisie nie juis hond haaraf maak nie. Met die strydbyl begrawe, vorm hulle ’n formidabele span en ontdek gruwels wat niemand sal glo nie, tensy hulle eie oë dit sien ...
Genres: Aksie, Fiksie, Moord / Riller, Moord- en speurwerk
Tags: Fiksie, Moord / Riller
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2026
Format: Sagteband | eBoek
Length: 174 bladsye
ISBN: 9781049230313
Rating:
List Price: R180.00
eBook Price: R180.00
Maria ES Prinsloo is iemand met passie vir woorde en skryf. Sy is gebore en getoë in Pretoria, is geskei en het gaan nesskop in die Laeveld. Sy het twee kinders en vyf kleinkinders. Haar kinderboek, Storieland, is as oudioboek gepubliseer en is gevul met vier lekkerluister kinderverhale. Sy het eers verskeie boeke as skimskrywer geskryf vir bekende internasionale skrywers.
Dis ná hierdie manuskripte dat sy besluit het om weer op haar eie skryfwerk te fokus en so het Bloed en Modder ontstaan. Sy is tans besig om nog twee manuskripte te finaliseer. Alhoewel sy baie lief is vir positiewe selfhelpboeke, is geweld- en moordstories haar eerste keuse.
Maria ES Prinsloo, the writer of this book, is passionate about words and writing. She was born and raised in Pretoria, divorced and settled in the Lowveld. She has a N3 in Business studies, a diploma in Paralegal Studies, and a diploma in English Literature and creative writing and successfully finished numerous writing courses. As ghostwriter she wrote on topics about mental health, meditation, stress management and the power of a positive mindset for international authors. On completing these works, she started to focus on publishing her own work. Maria spends her free time assisting women in abusive relationships, being a survivor herself, she finds joy in making life a little easier for others.