KAYLA EN DIE SMOKKELAARS: Die flits van ligte laat in die aand vanuit die uitkyktorings in Mauritzbaai, is die begin van ‘n gevaarlike avontuur vir Kayla Grey.
Sy maak notas en noteer sorgvuldig elke beweging.Haar nuuskierigheid lei haar tot in die midde van ‘n gewetenlose bende. Skelms wat nie sal huiwer om van opponente ontslae te raak nie. Kayla is op haarself aangewese want niemand kan vertrou word nie. Niemand nie. Die bende se invloed strek wyd ...
Is sy opgewasse vir die taak om die smokkelaars bloot te stel?
Genres: Aksie, Avontuur, Jeug/Tiener verhaal
Tags: Fiksie, Jeug/tienerverhaal, Stergrdering: Prima Silwer
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2024
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 97 bladsye
ISBN: 9780796149411
Rating:
List Price: R140.00
eBook Price: R140.00
Riekie Greyling se liefde vir skryf het begin nog voordat sy skool toe is. Haar ouer broer het geduldig, elke middag wanneer hy van die skool af kom, haar leer skryf. So het die lewenslange liefde vir woorde, skryf en lees begin. Stories laat jou droom, nuwe plekke ontdek, mense ontmoet, avon-ture beleef. Dit laat jou toe om meer as een lewe te leef.
Kayla en die smokkelaars is haar tweede jeugverhaal wat die eerste boek is in ’n toekomstige reeks. Haar eerste gewilde jeugverhaal, Nie alle vampires skitter nie, het reeds verlede jaar verskyn, asook haar kinderboek, Jan-sê-nou-net.