Rosie is ʼn skryfster wat glo dat die talent om te skryf, nie aan haar toegedeel is nie, maar eerder toevertrou is.
Rosie is in 2005 deur die ATKV bekroon met ʼn Afrikoon-toekenning vir letterkunde, kuns en kultuur en welsynwerk. Nadat sy vir sestig jaar betrokke was by onderwys en opleiding, as onderwyseres en opvoedkundige sielkundige, het sy vier jaar gelede uit diens getree en toe by haar groot liefde uitgekom om te skryf.

Camino van die hart

Camino van die hart

R170.00eBook: R170.00

Herman Fourie, die veldwagter en toerleier is alles wat sy nie geweet het sy nodig het nie: standvastig, beskermend, en met oë wat regdeur haar kyk.

Van eerste ontmoeting af is daar ‘n onmisbare vonk – een wat nie maklik geblus kan word nie.

Wat as ‘n speelse ooreenkoms begin – om voor te gee hulle is in ‘n verhouding vir ‘n groep matriekmeisies – raak gou ingewikkelder. ‘n Week, twee, drie. Rolle raak werklik en grense begin vervaag.

Maar wanneer tragedie onverwags toeslaan en Elzet se wêreld in skerwe lê, word die Camino meer as net ‘n staproete. Dit word ‘n pelgrimstog van rou, van genesing en uiteindelik ... ware liefde.

Kan Herman haar deur haar donkerste uur dra? En kan Elzet weer leer glo – in die lewe, in haarself, en in die liefde wat hulle nooit beplan het nie?

In hierdie hartroerende roman van verlies, hoop en tweede kanse, ontdek twee siele dat soms is die langste reise nie dié oor berge, deur bosse en in watervalle nie, maar dié na mekaar toe.

More info →