’n Alternatiewe wetenskap-fiktiewe sprokie vir volwassenes. Of dalk nie ...
Die verhaal weerspieël die doen en late en veral die gesprekke en musiek waarna geluister word van ’n afgesonderde klein groepie mense tydens die landwye inperking vanweë ’n pandemie. Hulle bespreek tergende wetenskaplike en godsdienstige vraagstukke wat ’n gefladder in die onderskeie hoenderhokke mag veroorsaak.
Dis geen poging om wetenskaplike aansprake of bydraes te maak nie, maar reflekteer slegs die gesprekke wat inderdaad plaasgevind het.
In die andertyd - ’n Alternatiewe wetenskap-sprokie vir volwassenes. Of dalk nie. Die verhaal is gesprekke van mense oor sekere vraagstukke.
Genres: Fiksie, Volledige novelle, Wetenskapfiksie
Tags: Fiksie, Volledige novelle, Wetenskapfiksie
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 211 bladsye
ISBN: 9780639768809
Rating:
List Price: R150.00
eBook Price: R70.00
Wilhelm van der Hoven se spore kom van George in die Wes-Kaap waar hy by die Outeniqua Hoërskool matrikuleer. Na afhandeling van sy studies in Port Elizabeth tree hy toe tot die onderwys. Wilhelm het ook tussendeur sy onderwysersloopbaan sy hand aan boerdery gewaag. Hy neem deel aan verskeie skryfuitdagings by PENdit.za en lewer heelwat kortverhale. In die ander tyd is Wilhelm se debuutverhaal. ’n Interessante bundel met ’n ietsie van alles wat tog saamloop en ’n eenheid vorm.
Wilhelm grew up on a farm between George and Great Brak River. He studied Psychology at the Universities of Pretoria and Port Elizabeth. Van den Hoven retired in the beautiful Little Karoo after following different careers. He was a teacher-counsellor, a farmer, and a teacher of physics. As an adventurous individual, he enjoys participating in long-distance events such as the Comrades Marathon, cycling, and Ironman triathlon. He published a book (In die Andertyd).