Onder die oppervlak

Die twee mans storm op mekaar af, land ʼn hou en mis dan weer. Buite dreun die weer soos ʼn sweepslag. Niemand sal eens vermoed iets duister is besig om in die huisie te gebeur nie.

ONDER DIE OPPERVLAK:

Odette le Roux se lewe wil maar nie vlot verloop nie. Sy het geglo dat die hel van ’n huis waar haar pa en sy drank hulle regeer het, die ergste is. Dit was egter net die begin. Met haar terugkeer na Oesterdal word die een geheim na die ander ontbloot. Jaloesie en agterdog loop hoog in Oesterdal. Iemand is nie wie hulle voorgee om te wees nie. Maar selfs tussen agterdogtige kyke en harde woorde, steek die liefde sy kop uit. Of doen dit?

Ou gesigte maak hul opwagting. Die onvermydelike dood klop aan haar deur en sy wonder telkens oor die mense om haar se ware intensies.

Tot een nag van angs en vrees...

About the Book
Details
Genres: Drama, Intrige, Roman
Tags: Drama en intriges, Roman
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2025
Format: Sagteband | Mobi
Length: 153 bladsye
ISBN: 9781049206561
List Price: R170.00
eBook Price: R170.00