
Paaie deur die Karoo en ander stories bevat beskrywings van Kobus en sy vrou se reise deur die Karoo en elders in Suid-Afrika, asook van ʼn voetslaantog in een van die mooiste dele van ons land.
Hy kleur die nie-fiksie verhale in met raak beskrywings van die natuur en bring eer aan die Skepper.
Die boek bevat ook fiktiewe verhale waarin die skrywer se passie vir mense en die natuur weerspieël word. In sommige van die verhale konsentreer hy op randfigure in die gemeenskap. Hy maak gebruik van beeldspraak en voer fiktiewe gesprekke met sy grootwordhuis wat in ʼn drankwinkel omskep is, ʼn verwaarloosde skooltjie en ʼn afgetakelde stoomlokomotief. In een van die verhale gebruik hy die name van karakters uit die tradisioneel Afrikaanse volksliedjies.
Van sy verhale beskryf die hartseer van fiktiewe karakters, maar dit word afgewissel met humoristiese vertellings.
Paaie deur die Karoo en ander stories neem jou op ‘n reis deur Meiringspoort, Robinsonpas en plekname soos Skelmkloof, Nooiensboom, Rooiuitspan en Wasgat.
Orals is ‘n storie te vertel, maar die skrywer gee al die lof van hierdie natuurskoon aan die Skepper.
Humor ontbreek nie en mense met hulle voete plat op die aarde, word kleurvolle karakters. Nostalgiese vertellings en staaltjies maak elke reis en kilometer verder, ‘n leesgenot.
Selfs ‘n draai in die Oos-Kaap bring ‘n storie van ‘n flinkdink leerling en ‘n onderwyser wat nie val vir slimkop se verskonings nie. Oom WIllem, die seremoniemeester het baie te vertel oor troues en ‘n reis deur Namakwaland bring aan die leser iets besonders: die verhaal van trek met vee, oom Kooivel, suikertameletjie en die tragedie in 1989 wat op Wolfkop afgespeel het.
Genres: Avontuur, Essays, Natuur / reisverhale, Nie-fiksie, Reisjoernaal, Selfpublikasie en bemarking, Storievertelling
Tags: Aanbeveling, Nie-fiksie, Reisjoernaal, Storievertelling
Publisher: Selfpublikasie
Publication Year: 2022
Format: Sagteband
Length: 205 bladsye
Illustrator: Foto's: Kobus Breyl
Rating:
List Price: R180.00
KOBUS BREYL is ʼn 77-jarige pensioenaris. Gedurende sy beroepsloopbaan het hy in verskeie hoedanighede in die regsberoep gedien, onder andere, as staatsaanklaer, prokureur en waarnemende streeklanddros. Sy debuut boek Paaie deur die Karoo en ander stories is in Desember 2022 publiseer. Dit val natuurlik in ʼn ander genre. Kobus het gedurende sy loopbaan die land deur-kruis en woon tans saam met sy vrou, Magda, in Danabaai.
Waar bloed kruip is Kobus se eerste suksesvolle moord- en speurverhaal.