
Gerhard vertel stories oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, van sy bekende Oupa Moxie Dunn wat die pont by Malgas getrek het tot die bergies in die Paarl se strate.
Hy fokus veral op verhoudings. Dit is stories uit die hart en lag of huil, jy sal nie onaangeraak wees nie.
Resensie
Gerhard se bundel van kortverhale is uiteenlopend en sal elke leser nostalgies laat terugdink (veral as jy ‘n 70’s baba is) aan die “goeie ou dae”. Dit gaan jou laat lag, want sy humorsin is skerp en dit gaan jou hoop gee, want sy positiewe uitkyk is nie net ‘n inspirasie nie, dis aansteeklik! Hierdie is lekker lees stories vir oud en jonk, geskryf vanuit ‘n lekker mens se oogpunt!
Lindie Senekal (Jarelange boekklub hoofmeisie)
Genres: Nie-fiksie, Ware gebeure en navorsing
Publisher: Ns. Skrywershuis
ISBN: 9781037046230
List Price: R200.00
eBook Price: R200.00
Gerhard is ‘n sakeman van die Paarl, maar het sy lewe lank nog homself en sy vriende vermaak met die skryf van storietjies oor sy ervaringswêreld. Hy het onlangs na die verkoop van ‘n deel van sy besigheidsbelange, besluit om ‘n sabbatical te neem en die stories wat in sy kop ronddryf in ‘n bundel om te sit.