HARTSWATER – die rou van onthou

Wanneer verlies aan jou deur klop, wanneer ongenaakbare hande kosbare geliefdes wreed uit jou lewe ruk – waar bevind jy jouself? Is daar werklik ’n tyd van rou vir hulle wat agterbly?

Die plaasaanval en brutale moord van  Dan (83), Breggie (73) en Elzabie Brand (54), het Suid-Afrikaners in 2020 geruk. Die voortslepende hofsaak teen die beskuldigdes is deur almal gevolg.

Die barbaarse, onmenslike en koelbloedige moorde is tot in die fynste besonderheid beskryf. Met elke hofsitting moes familie weereens die traumatiese gebeure ervaar en die beskuldigdes van aangesig sien.

Die opspraakwekkende feite en details nie bekend aan die publiek nie, word in detail neergepen.

In hierdie boek dra Heidie Taljaard, een van die dogters van Dan en Breggie en suster van Elzabie haar emosies oor, die wreedheid en ontnugtering, die onvergeetlike en onvergeeflike.

Is vergifnis enigsins ’n opsie? Uit hierdie moord is daar meer as net die drie onskuldige slagoffers. Nabye familie, hulle wat agterbly word ook slagoffers.

Hoe verwerk jy hierdie brutaliteit en vind jy enigsins berusting?

Waar vind jy antwoorde op vrae oor waarom hulle? Waarom ons? Het ons iets verkeerd gedoen en word ons gestraf?

Vyf jaar na hierdie grusame plaasaanval loop Heidie steeds die kronkelpad na Hartswater – die rou van onthou.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Hoog aanbeveling, Nie-fiksie, Stergradering: Prima Goud, Top aanbeveling, Ware gebeure en navorsing, Ware lewensverhaal
Tags: Hoog aanbeveel, Nie-fiksie, Plaasaanvalle, Plaasmoorde, Stergradering: Prima Goud, Ware verhaal
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2025
Format: Sagteband | Mobi
Length: 393 bladsye
ISBN: 9781049212913
Rating:

List Price: R230.00
eBook Price: R230.00
Endorsements
Hartverskeurend en so 'n onnodige wrede moord. Hierdie is die realiteit van plaasaanvalle- en moorde op onskuldige mense in Suid-Afrika. Heidie Taljaard was dapper om hierdie neer te pen en feite, nie aan die publiek bekend, oop te vlek. Hartswater - die rou van onthou gee gedeeltelike afsluiting aan 'n familie in die bitterlikste rou gedompel. Hierdie is 'n boek wat elke Suid-Afrikaner moet lees!
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Heidie Taljaard

Heidie Taljaard is die dogter van Dan (83), Breggie (73) en suster van Elzabie Brand (54), wie al drie in 'n plaasaanval gru gemartel en vermoor is in 2020.
Heidie bring na vore die ware feite en details van die moordverhoor, maar ook as 'n gedeeltelike afsluiting van 'n rouproses sonder einde.