Heidie Taljaard is die dogter van Dan (83), Breggie (73) en suster van Elzabie Brand (54), wie al drie in ‘n plaasaanval gru gemartel en vermoor is in 2020.
Heidie bring na vore die ware feite en details van die moordverhoor, maar ook as ‘n gedeeltelike afsluiting van ‘n rouproses sonder einde.

Hartswater – a grief remembered

Hartswater – a grief remembered

R230.00eBook: R230.00

The farm attack and brutal murders of Dan (83), Breggie (73), and Elzabie Brand (54) shook South Africans in 2020. The ongoing court case against the accused was followed closely by the public.

The barbaric, inhumane, and cold-blooded murders were described in the finest detail. With every court appearance, the family was forced to relive the traumatic events and come face to face with the accused once again.

The shocking facts and details, many of which were unknown to the public, are documented in this book.

In Hartswater – The Grief of Remembered, Heidie Taljaard, one of Dan and Breggie’s daughters and Elzabie’s sister, shares her emotions, the cruelty and disillusionment, and the unforgettable and unforgivable.

Is forgiveness even an option? This tragedy claimed more than just three innocent victims. The close family members, those left behind, became victims too.

How do you process such brutality and find any sense of peace?

Where do you find answers to the questions of Why them? Why us? Did we do something wrong? Are we being punished?

Five years after this horrific farm attack, Heidie is still walking the winding road to Hartswater: A grief remembered.

More info →
HARTSWATER – die rou van onthou

HARTSWATER – die rou van onthou

R230.00eBook: R230.00

Die plaasaanval en brutale moord van  Dan (83), Breggie (73) en Elzabie Brand (54), het Suid-Afrikaners in 2020 geruk. Die voortslepende hofsaak teen die beskuldigdes is deur almal gevolg.

Die barbaarse, onmenslike en koelbloedige moorde is tot in die fynste besonderheid beskryf. Met elke hofsitting moes familie weereens die traumatiese gebeure ervaar en die beskuldigdes van aangesig sien.

Die opspraakwekkende feite en details nie bekend aan die publiek nie, word in detail neergepen.

In hierdie boek dra Heidie Taljaard, een van die dogters van Dan en Breggie en suster van Elzabie haar emosies oor, die wreedheid en ontnugtering, die onvergeetlike en onvergeeflike.

Is vergifnis enigsins ’n opsie? Uit hierdie moord is daar meer as net die drie onskuldige slagoffers. Nabye familie, hulle wat agterbly word ook slagoffers.

Hoe verwerk jy hierdie brutaliteit en vind jy enigsins berusting?

Waar vind jy antwoorde op vrae oor waarom hulle? Waarom ons? Het ons iets verkeerd gedoen en word ons gestraf?

Vyf jaar na hierdie grusame plaasaanval loop Heidie steeds die kronkelpad na Hartswater – die rou van onthou.

More info →