
Die biografie van 'n pa wat 'n tien jaar vonnis uitdien, beskuldig van poging tot moord, sy verlange om weer sy dogtertjie te kan sien.
Vir Stanley Cierenberg is dit ’n besondere eer om sy broer, Elroy, se biografie te verwoord. Elroy is 52 jaar oud, van skooltyd af die voorbeeldige een; onderhoofseun en kaptein van die Cravenweek-rugbyspan.
Hy het die rang van kaptein in die SAPS beklee en daarna sy eie sekuriteitsbesigheid begin. Elroy is lief vir die aarde, boerdery, diere en vir sy familie. Sy dogters is sy hele lewe. Die oudste twee is reeds volwasse.
Tans is hy in die gevangenis met ’n 10-jaar vonnis. Stanley het dit sy taak gemaak om hierdie boek te skryf oor sy broer se uitdagings wat hy elke dag in die gesig moet staar. Een van die grootste uitdagings is die verlange na sy jongste dogtertjie wat, na aanvanklike gereelde kuiers, stadig uit sy lewe verdwyn het.
Die boek gevat ook sketse deur sy dogtertjie geteken en hierdie sketse speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die verhaal – dit word deel van ’n eensame mens.
Cierenberg gebruik beelde, drome en denkbeeldige dialoog om die rou emosies tot realiteit te bring.
Mens besef skielik die belangrik besoeke vir hierdie gevangenisse is, hoe belangrik dit is om steeds deel van hulle eie vlees en bloed te wees, al is hulle oortreders van die wet. Maak nie saak waar jy jou bevind nie, jou siel en omgee, naasteliefde en familiebande bly steeds deel van jou – dalk meer as ooit.
Ek mis my kind bestaan uit ongeveer 40 bladsye, maar as inleidingsboek tot ’n opvolgreeks, is hierdie beslis ’n aptytwekker. Boweal is dit ’n versamelstuk wat in kleur gedruk is en vorm deel van die toekomstige reeks.
Genres: Emosioneel, Geillustreerde boek, Hoog aanbeveling, Inleidingsboek, Nie-fiksie, Ware lewensverhaal
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2024
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 40 bladsye
ISBN: 9780796155405
List Price: R100.00
eBook Price: R100.00
As wêreldreisiger het Stanley mense en plekke bestudeer. Hy het vir amper 10 jaar op skepe gewerk en gedurende hierdie tyd materiaal bymekaargemaak om sy stories deur middel van woorde en foto's aan die wêreld te vertel.
Vir 4 jaar het hy in Hondeklipbaai, ’n klein dorpie op die Namakwalandse weskus, in afsondering gaan bly. Daar het hy ’n wonderlike mens ontmoet wat hom baie van Namakwaland en die Weskus geleer het. Omdat hy in afsondering was, het hy begin stories skryf. Waar of onwaar, sy stories raak mense se harte.
Tans woon hy in Johannesburg en werk as vryskutskrywer, -kunstenaar en -fotograaf, maar bowenal is hy ’n storieverteller en digter.