Van plaaskind tot plaasboer

“Stille waters ... diepe grond ... onder draai die duiwels rond.” Ek vertaal hierdie stelling in die plaastaal: “Vloeiende waters ... diepe plaasgrond ... Hier op die plaas dwaal ook die engele rond.”

Die verhale in hierdie boek vertel van 'n plaaskind wat deur etlike moeilike omstandighede en swaarkry, bo sy omstandighede uit-gestyg het. Dit hou 'n lewensles in dat daar altyd hoop is. Die pad van die Plaaskind na Plaasboer verg uithouvermoë en hy kom met alle dinge te kampe op sy pad, maar bereik uiteindelik sy doel, met goeie sowel as tragiese gevolge ...

Die boek is vol uitstekende humor, maar het ʼn ernstige hoop- en motiverings-boodskap.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Inspirerend, Komedie, Lewensketse, Nie-fiksie, Ware lewensverhaal
Tags: Aanbeveling, Premium Boek, Stergradering: Silwer
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2021
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Rating:

List Price: R155.00
eBook Price: R95.00
Endorsements
Die skrywer draai nie doekies om nie - die humor is uitstekend, maar die boodskap soveel groter. Om jou eie lewensverhaal en ervare neer te pen, is nie 'n maklike proses nie. Abie Pietersen doen dit met sukses en sy skryfstyl is gemaklik en ongekompliseerd. Ek beveel hierdie boek met 'n oop hart aan.
– Nelius van Wyk, dosent.
Order Now
About the Author
Abie Pietersen

Abie is gebore op 26 Oktober 1973 en het grootgeword op Quadu plaas in De Doorns (Hexvallei). Sy ouers, Anna en Piet Pietersen, was algemene werkers op die plaas en moes sodoende die sewe kinders versorg. Abie is die jongste en sy pa is oorlede toe hy net agt maande oud was.
Hy voltooi sy hoërskooljare by De Kruine Sekondêre skool (Touwsrivier). Op skool was hy ’n kranige tafeltennis en skaakspeler. Hy was ’n liefhebber vir draf en het hy stof in my teenstanders se oë geskop. Sy passie is om te lees en hou van die natuur skoonheid en tuinmaak.