
Hierdie handige handleiding (enig in sy soort) plaas self-publiseerders op die pad om hul boek te publiseer en te bemark.
Dit verduidelik die verskeie verskillende aspekte van self-publikasie; vanaf die manuskrip, proeflees en teksversorging, die gevaar van kontrakte, die belangrikheid van 'n goeie omslag, kopiereg en hoe/waar om jou boek suksesvol te bemark.
Dit bied ook 'n diensverskafferslys wat handig is vir skrywers wat opsoek is na goeie diens en verskaffers soos grafiese ontwerper en 'n resensent.
Die boek word ook teen 'n spesiale prys aangebied om skrywers aan te moedig om die regte pad te volg na self-publikasie.
Genres: Handleiding, Inspirerend, Nie-fiksie, Selfpublikasie en bemarking
Tags: Hoog aanbeveel, Premium Boek
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2020
Format: ePub / Mobi
Rating:
eBook Price: R50.00

Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.
In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.
Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.
Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.
Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).
Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.