Tinka se reis na Parys

Tinka is ‘n sprankelende kunstenares wat besluit om na ‘n liefdesteleurstelling vakansie te gaan hou in die wêreldstad, Parys.

Sy ontmoet talle karakters wat sorg vir baie humor en drama. Haar lewe word ‘n tuimelrit van ervarings en sy beleef Parys in al sy fasette. Sy ontmoet ‘n aantreklike man wat haar wêreld op sy kop keer. Dan is daar ook nog ‘n misterieuse skilder. Die onskuldige Tinka word betrek by ‘n web van leuens en misverstande. Haar reis na Parys lewer baie meer op as waarop sy voorbereid was. Sal sy hierdie keer ware liefde vind en sal sy die gewaagde item op haar kluitklaplysie kan bewerkstellig?

Order Now!
About the Book

Vir ‘n eerste roman deur Schönrad Stander, is Tinka se reis na Parys, ‘n wenner. Uit haar besoek aan Parys het Schönrad weliswaar die resep gekry om ‘n onvergeetlike verhaal te skep.

Tinka is ‘n kunstenares wat klasgee by die universiteit. Na ‘n liefdesteleurstelling besluit sy om vakansie te gaan hou in die beroemde stad, Parys. Met haar minsame geaardheid ontmoet sy verskeie karakters wat sorg vir avontuur en heelwat humor en maak vinnig vriende in die vreemde. Haar pad kruis met ‘n misterieuse skilder en ‘n paar Suid-Afrikaners. Haar lewe word ‘n warrelwind van ervarings en sy beleef Parys in al sy fasette.

Dan ontmoet sy die aantreklike Alexandré en haar lewe word onderstebo gekeer. Tinka word onverwags by ‘n komplot van leuens en misverstande betrek. Gaan sy nuwe liefde vind en wat gaan gebeur wanneer sy dit wat sy op haar kluitklaplysie het, kan bewerkstellig?

Tinka se reis na Parys is ‘n heerlike lekkerlees roman, met ‘n goeie dosis avontuur, humor en hope drama. Ek het veral gehou van die skrywer se besonderse vermoë om die omgewing in en om Parys weer te gee. Met fyn sinspeling skep sy ‘n goeie balans om geloofwaardigheid aan die verhaal te gee. Dit is ‘n meesleurende verhaal en die taalgebruik is keurig en beeldryk. Die gebruik van die bekende sanger, Danie Niehaus, se lied, Parys in die somer, verleen ‘n tikkie nostalgie aan hierdie verhaal. Die ontknoping is ‘n interessante verrassing en sal die leser vervuld laat.

Hierdie geselekteerde roman is beslis nie te versmaai nie – en sal by lesers wat hou van ‘n mooi roman, byval vind. – A Hills – Onafhanklike Resensent van Afrikaanse Boeke

FACEBOOK: https://www.facebook.com/groups/155643073130251

Details
Author:
Genres: Liefdesverhaal, Roman
Tags: Aanbeveling, Resensie
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2021
Format: Sagteband / ePub / Mobi
List Price: R165.00
eBook Price: R85.00
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Schönrad Stander

Schönrad (Schöni) Stander is ‘n afgetrede onderwyseres wat in die pragtige Tuinroete bly. Sy is die ma van twee seuns. Haar liefde vir reis het haar na plekke soos die UAE, Iran en Taiwan geneem. Sy het al haar belewenisse in ‘n reisjoernaal beskryf wat eventueel tot haar debuut digbundel, Granaat (in 2020 vrygestel) gelei het. Van haar gedigte is deur die kontrei sanger, Clive Bruce en sangeres Marlé Bruyns, getoonset. Tinka se reis is haar eerste vollengte roman en sy reeds besig met ‘n derde boek. Schönrad se lewensfilosofie is ‘n eggo van William Wordsworth se woorde: Fill your paper with the breathings of your heart.