Engela

'n Besonderse kortverhaalbundel wat uitstekende resensies en 'n benoeming ontvang het.

Die skrywer stel ons voor aan karakters wat groter is en meer beleef as die hier en nou. Hy vleg temas uit folklore, legendes en sprokies en dikwels uit die Bybel vernuftig in die konstruksie van sy verhale in en bring dit tot diepsinnige en verrassende ontknopings. Die eg menslike stories grens dikwels aan die bonatuurlike en feëtjieverhale met ‘n ryk simboliek. Hy trek jou tot binne-in die stories met haarfyn beskrywings van die situasies en atmosfeer.

Order Now!
About the Book

RESENSIE:

Resensie deur Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)

“In jou kop is jou drome en jou stories; jou eie wêreld, ’n fantasie met verbeeldingsvlugte vol wonderwerke. Dit wat nie mooi is nie, kan jy inkleur in jou kop.”

Die aanhaling kom uit een van Nico se kortverhale in hierdie bundel. Hy kon nie sy eie skryfwerk beter beskryf het nie! Dit beskryf presies wat hy doen. Hy het die gawe om uit ‘n eenvoudige storielyn fantasie op te tower. Met fyn nuanses lok hy die leser om dieper te lees en emosies te ervaar as wat soms aardse, eenvoudige karakters sou suggereer en wat aan elkeen van sy stories ‘n diep menslike karakter gee. Hy stel ons voor aan karakters wat groter is en meer beleef as die hier en nou. Hy vleg temas uit folklore, legendes en sprokies en dikwels uit die Bybel vernuftig in die konstruksie van sy verhale in en bring dit tot diepsinnige en verrassende ontknopings. Die eg menslike stories grens dikwels aan die bonatuurlike en feëtjieverhale met ‘n ryk simboliek. Hy trek jou tot binne-in die stories met haarfyn beskrywings van die situasies en atmosfeer.

Nico kleur elke verhaal in met verrassende, glashelder, visuele tonele. Hy put ryklik uit die natuur en jy kan dit as’t ware sintuiglik ervaar deur sy fyn en raak beskrywings. Hy munt die skat van die Afrikaanse taal in ongewone, funksionele beskrywings; in die gebruik van idiome; metafore en vergelykings, en in ongewone woordkeuses.  In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net ‘n genot om te lees!

Lesers moet nie verwag om die tipiese tydskrifkortverhale in die bundel te lees nie. Sy verhale is in ‘n klas van hulle eie; vir die fynproewer tot oneindige genot; vir voornemende skrywers ‘n literêre les. Vir ons ander? Lees self!

Dankie Nico, vir jou kop vol stories; vir hierdie wonder-werk en dankie dat jy dit vir ons so mooi inkleur.

Baie geluk met ’n pragtige bundel!

Details
Author:
Genres: Kortverhaalbundel, Roman
Tags: Hoog aanbeveel, Nico Schamrel, Resensie, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2019
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Rating:

List Price: R160.00
eBook Price: R75.00
Endorsements
Die mooiste kleurvolle woorde, situasies so anders tog so werklik. Die verhaal - ENGELA - is so kundig geskryf en emosievol. Die kortverhaal - MY MOOIRIVIER SE BRUG - verdien die Croyez benoeming vir Afrikaanse Literatuur! Ek smag om nog meer te lees.
– C Hiemstra, Elgin
Kortverhale met lyf en siel - menslike situasies so kleurvol vertel. Uitstekende bundel!
– L. van NIekerk, JHB
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Nico Schamrel

Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.

In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.

Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.

Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.

Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).

Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.