
ʼn Skooldogter in haar matriekjaar op ʼn plattelandse dorp is vasgevang in ʼn wêreld waar haar ouers haar geen keuses toelaat nie.
Haar frustrasie vererger toe haar hart op galop gaan vir ʼn aantreklike man. Toe sy egter haar eie besluite begin neem, stort haar wêreld ineen.
Sy keer terug na die dorp van haar jeug. Sy maak vrede met die lewe en wil ʼn nuwe bladsy oorslaan, maar haar verlede haal haar in toe sy verloof raak aan Dirk de Lange.
Beslis ‘n ander tema vir ‘n romanse – gevul met drama en intrige.
ʼn Skooldogter in haar matriekjaar op ʼn plattelandse dorp is vasgevang in ʼn wêreld waar haar ouers haar geen keuses toelaat nie. Haar frustrasie vererger toe haar hart op galop gaan vir ʼn aantreklike man. Toe sy egter haar eie besluite begin neem, stort haar wêreld ineen.
Sy keer terug na die dorp van haar jeug. Sy maak vrede met die lewe en wil ʼn nuwe bladsy oorslaan, maar haar verlede haal haar in toe sy verloof raak aan Dirk de Lange.
Genres: Liefdesverhaal, Roman
Tags: Aanbeveling, Stergradering
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2021
List Price: R160.00
eBook Price: R75.00

Leana van der Walt is in 1995 gebore. Sy behaal matriek aan Oosterland Hoërskool, Secunda. Gedurende haar skooljare het sy dit geniet om haar verbeelding op papier te laat realiseer. Aan die einde van matriek het omstandighede daartoe gelei dat sy ʼn goeie basiese kennis van elektrisiteit gehad het en dit het haar studieveld geword. In haar vrye tyd was sy altyd buite in die tuin en dit is waar haar passie vir skryf opnuut opgevlam het. Sy het ʼn kortverhaal oor vetplante geskryf. Daarna het sy ʼn halfgeskryfde verhaal uit haar skooldae aangepak en voltooi – Verydelde drome.