Ronél is in Bloemfontein gebore en het daar skoolgegaan en studeer. Tans woon sy in Gauteng en mis glad nie die koue van die Vrystaat nie! Ronél verwerf in 1995 haar PhD in Maatskaplike Werk en werk sedertdien vanaf die huis. Skryf is egter haar passie en sy het verskeie nie-fiksie publikasies, veral oor Emosionele Intelligensie.
Haar twee kinders lê haar baie na aan die hart en sy vergewe hulle heelhartig vir haar leë nes! Sy is bevoorreg om hulle nog steeds naby te kan hê.
Haar groot liefde is om op die strand te loop en vir ure na die see te kyk, om te swem, te lees, musiek te luister en om mooi blomme af te neem. Haar vier katkinders en twee honde bring haar baie vreugde en wollerige drukkies.

Wakanda, my liefste

Wakanda, my liefste

R160.00 (spesiale prys)eBook: R70.00 (spesiale prys)

Sy kan ook baat daarby, maar sy steek viervoet vas, veral as die inmengerige Jayden iets daarmee te doen gaan hê.

Perde is nie eintlik haar passie nie, maar sy bly nie vir lank onaangeraak nie. Inteendeel ...

Beelde en drome maak dit duidelik dat daar ’n vreemde verbintenis tussen Anneri en Jayden is. Gaan die raaisel ooit opgeklaar word?

Hierdie verhaal laat mens diep dink oor onverklaarbare verhoudinge. Ons is dikwels by persone betrokke waar die verhouding net nie wil vlot nie. Kan dit wees dat wedersydse vergifnis heling kan bring, selfs al kan ons nie werklik verstaan waaroor dit gaan nie?

More info →