Die ooreenkoms

ʼn Geheim bly maar ʼn gevaarlike ding om veilig te hou.

“Maar wat as die waarheid uitkom, wat maak ons dan?” vra sy parmantig met een hand in die sy.

“Laat ons daaroor besluit as dit wel daarby kom. Sal jy dit vir my doen, juffrou, net nog ʼn klein rukkie?”

“Nou goed dan,” sug sy. “Ek sal saam met jou hierdie speletjie speel, maar belowe my, sodra alles afgehandel is dat jy ten minste vir jou familie hiervan sal vertel.”

“Natuurlik.” Hy stap verlig nader. Hy tel haar hand op en druk ʼn soen daarop. “Dankie, juffrou,” sê hy dankbaar en draai om.

“O, en Meneer ... Rick?”

“Juffrou?”

“Die ooreenkoms is steeds dat ek ʼn vakansie in Dubai kry?”

Hy kyk stip na haar. “Natuurlik, juffrou, natuurlik, dit was tog ons ooreenkoms!” Hy stap glimlaggend by haar kantoor uit.

ʼn Geheim bly maar ʼn gevaarlike ding om veilig te hou. Veral as ʼn kamma-verlowing ter sprake is. In die kantoor in een van Pretoria se wolkekrabbers gaan ʼn besigheidsman en sy persoonlike assistent ʼn ooreenkoms aan wat heelwat trane, maar ook uiteindelike vreugde en geluk sal bring.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Liefdesverhaal, Roman
Tag: Aanbeveling
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2021
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Rating:

List Price: R155.00
eBook Price: R110.00
Order Now
About the Author
Natasha Nilson

Natasha is ʼn nooi uit Bethlehem, Vrystaat en woon tans in Senekal. Sy is die bestuurder van ʼn meubelbesigheid, ʼn enkel ma van twee pragtige kinders en ʼn groot dromer.
Haar gunsteling leesstof is romantiese komedie – dit neem haar weg na ʼn ander wêreld, ʼn ontsnapping weg van die hede. Sy het reeds op een-en-twintig begin skryf en Die Ooreenkoms is haar eerste vollengte roman.