
Van haar kosbaarste besittings is ’n prent van beeste, dagboeke en haar kansellap. Die mees kosbaarste van alles, meer as haar eie geluk – haar spesiale seun, Tos.
Die groot vloed was God se straf. Sy vlug weg van die skim op ’n swart perd. Saam met haar is die ding waaroor kadawerasem grynslag – ’n satanpes.
Al wat Steppie voor vra is vergifnis en om weer op haar heuwel te sit. Dalk aanskou sy ’n wonderwerk?
Sal dít haar finale oorwinning wees of moet sy verder boet vir haar sonde?
Daar is orals wonderwerke – jy moet net dieper kyk.
GEBASEER OM TWEE WARE STUDIES: Hierdie verhaal klim binne jou siel. Dat een vrou, met soveel hartseer, so baie kan doen en ‘n beter mens word as enige iemand sou verwag het. Steppie is ‘n kakrakter wat deeglik bestudeer was. Die boek se tema is blesis hartroerend en wek groot respek vir vroue in dieselfde situasie.
Genres: Inspirerend, Roman, Ware gebeure en navorsing
Tags: Nico Schamrel, Stergrdering: Prima Silwer
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2019
List Price: R140.00
eBook Price: R45.00

Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.
In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.
Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.
Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.
Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).
Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.