
Koster ... wie is hy regtig? Selfs in hierdie rustigheid voel dit soms hoe die verlede hom wil inhaal.
Hoe hy steeds oor sy skouer moet kyk, sonder enige rede, want Koster verlede lê twintig jaar terug begrawe en lankal vergete. Die enigste een wat onthou, is hy wat daarmee saamleef. Sal sy verlede op die doeke kom? Wanneer hierdie gevoel hom klem en smoor word hy angstig en dit voel of sy horison al hoe nader sluip. ʼn Beklemming binne ʼn bedwangbaadjie met ʼn leer stang in jou mond waarop jy byt tot jou tandvleis bloei.
Juis nóú wanneer sy lewe weer normaal voel, daag ʼn vrou by sy deur op om hom uit sy gemaksone te slinger. Waarna is sy opsoek?
Soms is dit jou gewete wat jou gevange hou en ander kere is dit mense.
ʼn Spinnekop het spintepeltjies wat sydraadjies afskei om hul prooi te vang; spin toe die prooi, versmoor tot ʼn leë dop. Spinnekopmense het kettings, slotte, boeie en pille waarmee hulle jou manipuleer tot jy ʼn leë dop is.
ʼn Afvlerk duif kan nie vlieg nie.
KOSTER – Spinnekopmense het kettings, slotte, boeie en pille waarmee hulle jou manipuleer tot jy ʼn leë dop is.
‘n Man se verlede word herbesoek toe ‘n vrou ‘n poskaart na hom bring en na die graf van ‘n vrou navraag doen. Dit is verraad, kranksinnigheid en verdoeseling, manipulasie en leuens. Alles lei tot ‘n skokkende einde wat woordeloos laat.
Die leser word aan die raai gehou tot op die laaste.
Genres: Roman, Spanningsverhaal
Tags: Hoog aanbeveel, Nico Schamrel, Resensie, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2020
Format: Sagteband / ePub / Mobi
ASIN: B08SHHQ5GZ
ISBN: 9798592209055
Rating:
List Price: R140.00
eBook Price: R35.00


Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.
In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.
Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.
Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.
Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).
Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.